Ons delf dieper in ‘n vraag van ‘n vorige episode aangaande klank. Ons leer meer oor hoe voëls miere inspan om te help met hiegiëne, en hoeveel meer brandstof verbruik word a.g.v. spoedwalle.
Die span praat oor volwasse ape se aggressiewe gedrag teenoor kleintjies in hulle trop. Ons vind meer uit oor volstruise se kloakale openings, en ons kyk na die Gregoriaanse jaartelling, weerpatrone en die aarde se magneetveld.
Wat is kwik? Die span praat oor kwik se giftige geskiedenis en sy alledaagse gebruike. Daar word antwoorde gegee vir die vreemde verskynsels wat te sien is by Hondeklipbaai aan die Weskus van Suid-Afrika.
Hoekom word ‘n hoenderhaan nie doof van sy eie gekraai nie? Wat veroorsaak ‘n helikopter se steurende klapgeluid? Waar kom die Latynse en Griekse spesiebenaming vandaan?
Wat het wors met Botox te doen? Hoekom sal jy iets wat só giftig is in ‘n gesig spuit? Hoekom krap en verwoes huiskatte meubels? Hoe gemaak met ‘n rot wat ‘n boom opvreet?
Ons kenners praat oor die spanwerk van wedvlugduiwe; hoeveel mense wakker word tydens operasies; die 1969-aardbewing in Tulbagh; en hoe sneeublindheid veroorsaak word.
Ons leer meer van ‘n keisersnee van ‘n verkleurmannetjie; en verkleurmannetjies se vorme van voortplanting. Kan katte en voëls bevriend raak? Wat weet ons van die heelal, en tot watter mate is dit selfgedefinieerd?
Ons kenners verklaar termietkolonies, superorganismes en feetjiesirkels. Ons kyk na redes hoekom wildebeeste se getalle vermeerder. Kan jou houtlepel man alleen verhoed dat jou pot oorkook?
Wat onderskei virusse, parasiete en bakterieë van mekaar? Ons hoor hoe sand in 'n volstruiseier opeindig sonder om ooit oopgbreek te word. Hoekom lê sekere voëls hulle eiers in ander se neste?