Ons vind uit hoekom daar geen Lemur-halfapies op Afrikavasteland is nie. Wat beïnvloed AM- en FM-klankgolwe? Ons luister na die laast aflewering oor die ontdekking van selle.
Ons leer meer van klank – Wat beïnvloed klank? Hoekom is sekere klanke harder, maak nie saak wat die afstand is nie? Wat is mistigheid se invloed op klank? Wat is jou koffie se klank? En ons vind meer uit van die mag van groepering by voëls.
Ons leer meer van die onsterflike jellievis, die ekologiese stappe wat gedoen word om ekostelsels te red, en hoe die Cullinan-diamant die aardoppervlak bereik het.
Ons leer meer oor die simfoniese uitvoering, wat veral die Bokmakierie vir ons gee. Ons kyk na die dalende syfers van witdood-haaie aan die kus van Suid-Afrika, en ons leer meer oor die baber se vermoë om asem te haal in modder.
Ons leer meer van kelkiewynvoëltjies. Ons beskou die ewolusie van die mens se beendere, ligamente, senings, aptyt en weerstand van nader. En, het jy geweet ‘n seeleeu kan ritme hou?
Ons vind meer uit van die impak wat oorfone op die bakterieë in jou oorkanaal het. Ons hoor waarheen ons sokkies verdwyn ná ‘n was, hoekom ander rye altyd vinniger beweeg as die ry waarin jy staan, en ons gaan meer leer oor ‘n slang se asemhalingstelsel.
Ons leer meer van suikerbekkies; ons kenner verklaar hoe ‘n skilpad sonder ribbes asemhaal; en ons hoor hoekom warmwaterpype vinniger vries as kouewaterpype.
Ons vind meer uit oor die wonder van die migrasiepatrone van verskeie diere. Ons hoor of die manlike en vroulike geslagte verskillende evolusiepaaie geneem het. En in ons kitsvraag verklaar ons hoekom jou hart aanhou met klop.
Ons vind uit hoe sekere spinnekoppe elektrisiteit in hulle spinnerakke gebruik om prooi te vang. Hoekom is die lug blou? Ons leer meer oor hoe selle ontdek is.
Ons vind uit wanneer die aarde se magneetveld weer gaan omswaai. Ons leer meer van die pofadder se paringtyd, en Dave Pepler gee wenke gee wat jy op jou volgende sampioensoektog kan toepas om die giftige sampioene te vermy.