Ons leer meer van orgaanskenking, en hoe ons almal ‘n skenker is. Ons kyk na die Hadeda en Ibis se ooreenkomste en verskille, en ons ondersoek slange se giftande.
Ons kenners leer ons meer van die verskynsels by bewegende motorwiele – soos om regdeur te kan sien, of hoekom dit soms lyk asof die wiel agteruit beweeg. Ons vind ook meer uit van die voor- en nadele van voorbrande in die Nasionale Kruger Wildtuin.
Die kenners leer ons meer van die MRI-masjien en die onmenslike geraas wat dit maak. Kan mRNA jou DNS verander? Hoekom is sommige slange se giftande voor in die mond, terwyl ander agter is?
Die kenners praat oor drome en halusinasies; wat presies reuk is; hoe besoelde lug ons affekteer; en hoe geelvinke die weer voorspel, en kan ons by hulle leer.
Ons leer meer van die geheimsinnige bloustertakkedis, en vind uit of daar slim en dom katte en honde is. Is dit waar dat mense met rooi hare ‘n hoër pyntolleransie het, of meer narkose benodig?
Die kenners vertel hoekom die meeste voëls nie ‘n penis het nie – so hoe gebeur voortplanting? Ons kyk na die ewolusie van seksualiteit, en watter effek moderne slaappille op breinfunksionering het.