Watter kweekhuisgasse is betrokke by aardverwarming, en hoespeel dit ‘n rol hierin? Hoe goed kan vlieë ruik en sien? Hoekom het muskiete nie voorkeure? Waar kom maaiers vandaan?
Watter effek het jou elektriese heining op die fauna en flora van jou omgewing? Ons leer meer oor die Europese spreeus wat Cecil John Rhodes na Suid-Afrika gebring het, en die die genepoel van die luiperd.
Ons paneel kenners verduidelik wat die aarde laat draai; wat swaartekrag is en waarom is die maan se swaartekrag swakker as die aarde s’n is. Ons vind ook uit hoekom voëls so lief is vir ‘n son- en stofbad.
Hoe kan ‘n sandstorm in die Sahara-woestyn ‘n stoflaag op die wit sneeu in Europa veroorsaak? Hoe ver is die horison van jou af? Ons identifiseer klein eiertjies na aanleiding van ‘n foto wat deur ‘n luisteraar ingestuur is.
Hoe weet molle in jou tuin dit is aand? Hoe trek ‘n koningin by en haar trawante? Kan ‘n spook die verklaring wees vir ‘n lig in die nag in in Carnarvon in die Noord-Kaap? Die vraagsteller wonder of dit nie dalk iemand is wat nie tot ruste kan kom nie. Hoor teoretiese fisikus prof. Hendrik Geyer se verklaring van hierdie spookstorie.
Die paneel kenners leer ons meer oor hoe PET-skanderings kanker opspoor en wat om aan ‘n witvliegieplaag te doen. Prof. Le Fras Mouton beantwoord ‘n vraag van Serita Ribeiro van Vanderbijlpark. Sy het foto’s gestuur van ‘n slangetjie wat toe al die tyd ‘n vrylewende hammerkop-platwurm is. Hy is familie van die lintwurm.
Ons leer meer oor appelslakke se parasitiese eiers waaraan mense nooit moet vat nie. Ons vind oor die bewaring van insekte in Suid-Afrika. Kan jy glo daar is ‘n klip wat dalk jou lewe kan red ná ‘n slangbyt?