Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 3 Januarie 2021
    Word voëlnessop werklik van voëlneste gemaak? En, wat kos dit? Bevorder eetbare voëlneste goeie gesondheid? Is dit moontlik dat atome wat aan ‘n dinousourus, en selfs Einstein of Napoleon behoort het, nou deel is van jou liggaam? Is reinkarnasie werklik moontlik? Wat het die aktrise Shirley Maclaine en die Dalai Lama gemeen?
    21 min
  • Hoe verklaar ky dit? 20 Desember 2020
    Wat veroorsaak winde, waar in die ingewande ontstaan dit en hoekom ruik dit so sleg? Waarom moet medikasie soms slegs soggens of slegs met slapenstyd ingeneem word? As jy ooit gewonder het hoeveel melkwegstelsels in die verkenbare ruimte is, wil jy nie eens weet hoe lank dit jou sou neem om die aantal sterre te tel nie!
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit? 13 Desember 2020
    Byt alle akkedisse só seer, en is dit normaal as julle jou beetkry om nié te laat los nie? Word ‘n mens met hoogtevrees gebore? Waarom ondervind ons nie hoogtevrees in vliegtuie nie, maar wel op ‘n hoë gebou? Daar word beweer dat sekere volke, bv. die inheemse mense van Amerika, nie aan hoogtevrees ly nie, en hulle word daarom gebruik om die staalstrukture van wolkekrabbers te bou. Is dit so?
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 22 November 2020
    Het jy geweet kwikkies kan tot vier maal ‘n jaar broei? Wat is die verskil tussen besering of misvorming by kwikkies na aanleiding van ‘n luisteraar se foto’s? Het dit met gifstowwe te make? Watter rol speel genetika in wetenskaplike naamgewing? Hoe gereeld vind kruisings tussens verskille spesies plaas?
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 15 November 2020
    Wat is die storie agter die twee voëlkuikentjies wat ‘n luisteraar lewend op ‘n teerpad gekry het? Is die kuikens moontlik deur die ouers uitgeskop? Kan dit dalk die gevolg wees van nes-parasitisme? En, wat is die verskil tussen konyne en hase?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 8 November 2020
    Hoe werk instinktiewe versus aangeleerde gedrag by voëls en soogdiere? Hoe kan Bernoulli se beginsel op ‘n vliegtuig toegepas word? Wanneer die vliegtuig in vlug is, en daar kom ‘n gat in die romp, watter een is dan die bewegende lugstroom, binne of buite? Hoekom kan lig nie deur mure gaan nie, maar radiogolwe wel? Hoekom kan ons dan deur glas en water sien, maar nie deur die muur nie?
    24 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap