Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 25 Oktober 2020
    Waar kom die oorspronklike volke van elke wêreldstreek vandaan? Hoekom het hulle verskillende gelaatstrekke en velkleure? Weet jy dat jy op ‘n tyd droogvoet van Bloubergstrand na Robbeneiland kon loop? Hoe groot sal die aarde wees as dit in ‘n swart gat (black hole) beland?
    28 min
  • Hoe verklaar jy dit? 18 Oktober 2020
    Hoekom word melk suur? Hoekom neem UHT geprosseseerde melk langer om suur te word? Watter een van UHT of gewone melk is gesonder vir menslike gebruik? Waar kom miet vandaan? Hoe weet hadedas waar om hulle snawels in die grasperk in te druk om ‘n wurm in die hande te kry, gegewe dat hulle nie die wurm kan sien of hoor nie?
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit? 11 Oktober 2020
    Hoe is dit moontlik dat aardvarke miljoene jare kan oorleef terwyl hulle stapelvoedsel slegs termiete is? Was daar te alle tye termiete? Hoekom grawe aardvarke net gate in die noordelike aansig van termietshope? Wat is aardvark-komkommers? Hoe op aarde beland 'n miniatuur papaja binne in die groter een? En, hoe moet ons leef in die tyd van Covid?
    32 min
  • Hoe verklaar jy dit? 4 Oktober 2020
    Hoekom word 'n nasale depper deur jou neusholte gesteek om 'n bewys te kry van die Coronavirus? Hoekom kan 'n monster nie uit jou keel geneem word nie? Hoe word vasgestel dat jy reeds anti-liggaampies het? Is die gesigsveld van werweldiere se oë ongeveer 360 grade? Is daar 'n derde oog? Hoe werk dit? Is daar al 'n studie van byvoorbeeld die verkleurmannetjie se oë gemaak? Wat is stereoskopiese diepte?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 27 September 2002
    Op watter manier bevat plutonium soveel meer potensiaal as uraan-235, of waar lê die knoop? En hoe werk dit? Wil jy meer weet oor kern-klowing? Hoe kry sekere diere dit reg om in koue temperature van minus 80 grade Celsius te oorleef? En hoekom vreet verkleurmannetjies nie gedroogde meelwurms nie?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit? 13 September 2020
    Hoekom het perde sulke groot oë? Is dit moontlik dat daar dalk al 'n meteoriet in die Witbank-omgewing in die Noord-Kaap geval het? Wat is die storie van die periodieke reënbuie aan die Tuinroete? En, is daar 'n verklaring vir die verandering in daglengtes?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit? 30 Augustus 2020
    Wil jy meer weet oor navigasie in die diereryk? Wat is die verklaring van ‘n rigtinglose mens?  Kan die mens dieselfde tegnieke gebruik om te navigeer as diere? Navigeer mans en vroue verskillend? Hoe navigeer jy met die son? Waar is die fossiele van prehistoriese soogdiere soos perde, honde, bokke en olifante?
    24 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap