Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 14 Junie 2020
    Kan diere tel? Indien wel, tot hoe ver? Is daar onder die soogdierspesies enige voorbeelde van 'n manlike en vroulike indiwidu wat lewenslank paar? En, is 'n luisteraar in die kol as hy sê dat hy moontlik 'n mikro-meteoriet op die sinkdak van sy braaiarea kon hoor?
    28 min
  • Hoe verklaar jy dit? 7 Junie 2020
    Hoe kry knopiespinnekoppe dit reg om so ongesiens jou huis binne te kom? Het jy geweet dat dit slegs die byt van 'n wyfie-knopiespinnekop is wat giftig vir die mens is? Weet jy dat wanneer 'n knopiespinnekop bedreig word, val hy skielik grond toe en maak of hy kamtig dood is? En kan jou troeteldier die coronavirus na jou oordra?
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 31 Mei 2020
    Wat op aarde is die vreemde muis wat 'n luisteraar in die Beaufort-Wes-distrik gewaar het met die lang snoet en koddige ronde lyfie? Waar kom die kleure van blomme vandaan? Was blomme eers kleurloos of het almal dieselfde kleur gehad? Hoe het die seevlak oor die eeue heen verander?
    30 min
  • Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2020
    Hoe en uit wat het melkkliere ewolusionêr by soogdiere ontstaan? Het jy geweet varke het tot 18 melkkliere? Wat gebeur as tamaties te vroeg op die rak beland? Beïnvloed dit die geur en smaak daarvan? Hoe kry 'n mol dit reg om 'n hopie grond bo-op die uitgang van sy tonnel te kry as hy die grond agtertoe grawe? Wat is die verskil tussen tand- en blesmolle?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2020
    Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2020
    Hoekom het die hedendaagse organies gekweekte of winkeltamaties grootliks hulle heerlike geur en aroma verloor? Hoe het dinosourusse voortgeplant? Het hulle met 'n geslagsorgaan gekopuleer? Wat is die storie agter daardie breë slote in die rotse op die Griekse eiland, Paros?
    21 min
  • Hoe verklaar jy dit? 19 April 2020
    Hoekom lê alle voels eiers, en waarom is daar nie voëlsoorte wat lewendbarend is nie? Waarom sien ons byna geen dooie voëls langs die pad nie? Is dit eties korrek om voëls kos te gee? Het jy geweet dat trekvoëls, voordat hulle op hulle jaarlikse migrasievlug vertrek, aansienlike vetreserwes opbou? Selfs tot 50% van hulle normale liggaamsmassa en ja, hulle vlieg dan steeds met gemak oor lang afstande. Waarom het 'n seekat drie harte, en hoe werk dit? As 'n muskiet jou kat op sy neus steek, sal dit opswel?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit? 12 April 2020
    Wat is daai goggatjies in jou swembadwater wanneer die water begin verdamp? Hoekom is Suid-Afrika so stabiel ten opsigte van aardbewings, orkane en vulkane? Sal daar 'n tyd kom dat daar geen water meer oor sal wees in die see nie?
    26 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap