Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 23 Augustus 2020
    Hoe beland 'n klein spinkaantjie binne-in 'n hoendereier? Hoekom vlieg 'n vliegtuig en vaar 'n boot teen knope? Hoekom vlieg 'n vliegtuig nie teen kilometer per uur of myl per uur nie? Hoekom is daar seemyl en nie net 'n gewone myl nie? Wat is die verskil tussen 'n metrieke ton en 'n gewone ton?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit? 2 Augustus 2020
    Kan sekere diere deur ander diersoorte of spesies gesoog word? Wil jy meer weet oor die witkruisarend? Wat is hulle rooftegnieke en broeigewoontes? Het jy geweet roofvoëls kan vir dekades en selfs honderde jare op een plek nesmaak? En is dit waar dat die mannetjies by roofvoëls een derde kleiner as die wyfie is?
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 26 Julie 2020
    Hoe het buideldiere, wat eie aan Australië is, van daar na Noord-Amerika versprei? Wat is 'n vlam, en hoekom is dit sigbaar? En hoekom beweeg 'n drywende voorwerp na die stroom water wanneer jy 'n bak vol water tap?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 19 Julie 2020
    Hoekom is sekelbos 'n indringerplant in Noord-Natal, hoewel dit 'n inheemse boom is? Het jy geweet die mens gebruik rubber al langer as 1000 jaar? Wat is entropie? Hoe het duursame motorbande ontstaan?
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit? 12 Julie 2020
    Leer meer oor reënwoude. Wat is die sedimentêre gesteentes wat 'n luisteraar in Nieu-Seeland gesien het? Hoekom word vere, soos bladvere en spiraalvere in voertuie, mettertyd pap? En wat is die ewolusionêre rede vir die geweldige hoeveelheid voëls met swart vere op die kop?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit? 5 Julie 2020
    Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit? 28 Junie 2020
    Wat is optimistiese vooroordeel of onrealistiese optimisme? Hoe het virusse ontstaan?cHoekom werk antibiotika nie teen virusse nie?cWaaruit bestaan virusse? Wat is die perderunnik-kriek? Hoekom vreet voëls motte, maar nie skoenlappers nie?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 21 Junie 2020
    Is pseudo-swangerskappe by diere moontlik? Hoe kan 'n koei melk produseer as sy nie gekalf het nie? Hoe is die enorme rotsblokke op die Nan Madol eiland pasgemaak, bewerk en vervoer?
    21 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap