Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit?
    Ons gesels oor lastige haarskeerderspinnekoppe wat gereeld in jou huis kom kuier, en bied raad oor hoe om van hulle ontslae te raak. Dan word die kwessie van die Asiatiese kewertjie en sy uitwerking op bome herbesoek, en ons bespreek die bewerings dat niemand op die maan geland het nie.
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Ons gesels oor 'n klipplaat met duisende kleiner klippies daarin vasgevang, vind meer uit van skerpioene en hoe jy hulle uit jou huis kan hou, en leer meer van die spoor onderaan 'n hoenderhaan se been.
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoekom wil die meeste mans urineer as hulle die klank van lopende water hoor? Spinnekoppies wat spring - is hulle giftig, en byt hulle? Waarvan leef hulle en hoe lank leef hulle? Dis meer as 2000 jaar ná die Bybelse tyd - wat het in 2,000 jaar verander aan mens en dier?
    28 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Kan kwantumfisika regtig gebruik word om roofdiere te beheer? En ons vind meer uit van kontinentale ys, seevlakke en karate, en gesels oor akkedisse in woongebiede.
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Eet slakke spinnekoppe? Hoekom het manlike soogdiere tepels? Indien dit waar is dat 'n saunasessie onsuiwerhede uit jou bloed verwyder, word nutriënte in jou bloed ook dan verwyder deur die sweetproses? En help sweet dus om van afvalstowwe ontslae te raak?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    'n Krap lyk baie soos 'n kreef sonder 'n stert, maar 'n kreef gebruik sy stert om te swem. Kan 'n krap swem? Ons hoor van 'n haarskeerderspinnekop wat lyk of hy vyf paar pote het, en nie vier soos ander spinnekoppe nie. Hoe giftig is reënspinnekoppe, en sal hulle in jou huis nesmaak en broei as jy nie ontslae raak van hulle nie?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Die span gesels oor die baard aan 'n man se gesig en testosteroon; die voorwaartse beweging van 'n outogiro; en beantwoord verskeie vrae oor suurstof.
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Ons gesels oor hoe voëltjies dit regkry om te praat, en waarom hulle dit doen. Ons vind meer uit van die afdruk van 'n fossiel in 'n klip, en wonder of dit dalk die vin van 'n vis kan wees. En ons hoor of die vrystelling van gasse soos metaangas en koolsuurgas deur beeste werklik aardverwarming bevorder.
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Ons gesels oor Kappertjies wat naby Jakob Regop-blomme groei, wat dieselfde kleurverskynsel toon. Het die kleurpatrone dalk iets met die grond te doen, of is dit geneties? Dan hoor ons meer oor klein ongemaklike insekte in jou huis, en vind uit watter slange die grootste is en die redes daarvoor.
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Ons gesels oor waterskilpaaie en of hulle op land of in water ontstaan het. Hout word met sekere chemikalië behandel, en ons vind meer uit oor die veiligheid daarvan vir mense.
    19 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap