Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoekom is die Namakwalandse bloukopkoggelmander so groot in vergelyking met die soort wat in die Vrystaat voorkom? Is dit dalk 'n ander spesie? Ons vind meer uit oor die vertakte patroon op 'n klippie, en vind uit of dit 'n geologiese verskynsel of 'n plantfossiel is. Ons gesels oor evolusie en aanpassing, en vind meer uit oor Tafelberg-sandsteen.
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoe, of met wat, word die waterverbruik van 'n groot bloekomboom gemeet? Aan die Skedelkus van Namibië lê talle skeepswrakke, party lê baie ver van die huidige waterlyn. Hoe kom hulle daar? Hoekom spoeg eiervreterslange altyd die eierdop uit wanneer hulle klaar 'n eier se binneste verorber het? En hoe weet jy dat dit 'n wyfie- of mannetjieslang is?
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoe is dit moontlik dat 'n stukkie los mat wat bo-op 'n vloer of op 'n ander mat lê, die geneigdheid het om mettertyd oor die vloer te kruip? Hoe beweeg die wind 'n deur wat byna toe is, heen en weer? Het dit iets te doen met golflengte? En ons hoor meer oor nuwe mariene spesies op die bodem van die oseaanvloer, wat gelei tot groot entoesiasme oor die diepseelewe.
    21 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Wat is die oplossing vir voëlpeste? En noudat Amerika weer wil maan of Mars toe, wat is die kanse dat jy daar deur 'n asteroïde getref kan word, siende dat daar minder van 'n atmosfeer is, en 'n kleiner voorwerp dit dus kan oorleef?
    26 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoe gemaak met kransduiwe wat jou eiendom vir nesmaak gebruik? Hoe lank leef duiwe, en kan hulle ruik? Kan troetel-insekte 'n band met hulle eienaars vorm? Wat is die biologiese prosesse wat betrekking het op die vorm van dorings?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Watter insek is die kampioen van pynlike byte en steke? Hoe kry diere soos ape en bobbejane wat op hakkies-grensdrade sit, dan nooit seer nie? Ons gesels oor die verouderde term: Idioot-savant. En, hoe kan ons dink sonder woorde?
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Kan diere van geslag verander? Onder watter omstandighede vind dit plaas en hoe wyd verspreid is dit? Kan 'n mens 'n renosterhoring vervang met ander diere se horings? Hoekom 'n passasiersvliegtuig bou met toiletvensters en dan word dit nooit oopgemaak nie? Wat is bokhorinkies?
    20 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Kan 'n mens regtig 200 jaar oud word? Is daar rede om paniekbevange te raak oor die Asiatiese kewertjie; en ons vertel jou meer oor die slym-prik, alombekend as die snotvis.
    25 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap