Hoekom staan sekere voëls en slaap op een been? Hoe kry haelkorrels hulle vorm? Hoekom blaf 'n hond wanneer mense kom kuier? Hoekom skuur 'n kat teen jou been of pur en miaauw hy?
Hoekom is jou hond soe danig met jou gaste se bene? Moet ons op ons hoede wees vir planeet Nibiru? Is daai toiletpapier-etery regtig goed vir jou kat? En is dit regtig moontlik dat mense in Bybelse tye werklik so oud kon word?
Wat is daardie kleurvolle insekte wat in die Bela-Bela omgewing gevind is? Is dit vlieë, motte of brommers? Hoe klink die roep van die reenvoëltjie van Groot Marico en maak hy nes? Steek daar waarheid in beelde en vertellings van diere wat 'n knertsie vat?
Hoe werk die wet van die behoud van energie? Hoekom is die grasuiltjie vir sommige mense so mooi? Hoe lank kan voetspore behoue bly in die sand of sneeu?
Wat is daardie eienaardige verskynsel op 'n luisteraar se grasperk? Hoekom het haaitande wat in Bathurst in die Oos-Kaap gevind is, behoue gebly en nie verdwyn nie? As jy oor die see uitkyk, kan jy sien of die aarde rond is?
Wat veroorsaak dat die see in Valsbaai soms donkerblou strepe vertoon? Het 'n mens werklik spesiale, duur grond nodig om dagga in te kweek? Wat het die goue era van die dinosouriërs beëindig? En wat veroorsaak dat 'n mens wolke met 'n plat basis tussen Strydenburg en Hopetown waarneem?
Kan weerkundiges donderweer voorspel? Hoe raak 'n mens ontslae van swamme wat oornag in jou potplante se potte opkom? Wat kan 'n mens aflei uit die feit dat daar onlangs klipwerktuie in die Engelse kanaal opgegrawe is? Hoe het die San dit reggekry om gate deur klippe te boor? Hoekom skuif die magnetiese noordpool voortdurend, en watter invloed het dit op navigasie-toestelle soos GPS?
Hoekom smelt botter in 'n mikrogolfoond van die middel af, en hoe kry 'n muggie dit reg om die sessie in die oond te oorleef? Wat veroorsaak 'n wit pitagtige voorwerp in 'n papaja? En hoe is die gate in klippe op Herzlia-strand in Israel gevorm?