Hoekom smelt botter in 'n mikrogolfoond van die middel af, en hoe kry 'n muggie dit reg om die sessie in die oond te oorleef? Wat veroorsaak 'n wit pitagtige voorwerp in 'n papaja? En hoe is die gate in klippe op Herzlia-strand in Israel gevorm?
Waarom klink mense se stemme verskillend? Hoekom traan jou oë as jy gaap? Wat is die nut van muskiete, muggies, brommers en vlieë? En wat is die impak van inteling in die natuur?
Hoekom lê 'n dooie insek altyd op sy rug? In watter mate word 'n mens se vingerafdrukke deur die gene van jou ouers bepaal? Is dit waar dat rooi perdebye in April nie steek nie? Loop swanger diere 'n groter risiko om deur roofdiere gevang te word?
Is die bohaai oor aardverwarming nie 'n blote bangmaakstorie nie? Wat is die oorsprong van harde modderballe met 'n gat in die middel wat by Thabazimbi gevind is? Hoe identifiseer 'n mens 'n padda met 'n vreemde kwaakgeluid wat sy verskyning in 'n tuin in Johannesburg gemaak het?
Hoekom is daar temperatuurverskille tussen voorwerpe in dieselfde vertrek? Hoe kry sommige padda- en visspesies dit reg om tydens droogtes vir lang tye ondergronds te oorwinter? En wat word van al die rubberstof wat daagliks weens slytasie van motorbande af kom?
Hoe het reënmeters ontwikkel, en wat is die nut daarvan? Kan 'n mens elektrisiteit uit die kosmiese agtergrondstrale tap? Wie besluit watter diere moet as probleemdiere geklassifiseer word?
Wie het die atoomhorlosie uitgevind, en hoe werk dit? Hoekom het mense fobies, en wat veroorsaak dit? Bestaan klimaatsverandering werklik, of is dit 'n verdigsel?
Hoe beland 'n visfossiel in 'n Sandklip-skeur in die omgewing van Bethlehem? Is dit moontlik dat 'n lewende padda binne in 'n rotsbal gevind kan word? Hoekom is 'n kameelperd se nek so lank, en hoevel nekwerwels het hy? En hoekom reageer kraaie aggressief teenoor 'n persoon wat bo-op die Hillbrowtoring werk?
Navigeer muskiete op klank, lig, velreuk of koolsuurgas? Hoekom sit watervoëls net op sekere damme? Kry 'n mens krappe langs die Weskus? En kan paddas van kleur verander en in bome klim?