Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
December 01, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat is die doel van die dun beentjie wat aan die agterkant van 'n hoenderboudjie aangetref word? Hoekom drom miere op die kabels van 'n elektriese heining saam? Is dit biologies moontlik vir 'n mens om binne sekondes slagtande te ontwikkel en weer net so vining te absorbeer?...more23minPlay
November 24, 2018Hoe verklaar jy dit?Watter rol speel ligene in die ekostelsel? Hoekom neem dit langer om biltong in die koue droë wintermaande droog te kry, as in die die warm somermaande wanneer daar heelwat vog in die lug is? Wanneer 'n mens 'n beker koffie in die mikrogolfoond warm maak, hou dit dadelik op kook wanneer jy dit uithaal. Hoekom begin dit weer kook as jy dit 10 sekondes later met 'n teelepel roer?...more25minPlay
November 17, 2018Hoe verklaar jy dit?Daar word deesdae baie gewag gemaak van die sogenaamde “wonderneut” wat 'n mens help om deur middel van diaree gewig te verloor. Is dit nie skadelik vir 'n mens se gesondheid nie? Hoekom kry 'n mens gestreepte en wit sywurms? En wat veroorsaak dat 'n groot verskeidenheid fungi vanjaar skielik hulle verskyning in 'n tuin in Centurion gemaak het?...more25minPlay
November 10, 2018Hoe verklaar jy dit?Watter drie diersoorte sal teen die einde van hierdie eeu uitgesterf wees? Is dit waar dat die seevlak aan die Kaapse suidpunt duisende jare gelede 30 meter hoër was as tans? Wanneer seekoeie snags die water verlaat om te gaan wei, word die kalfies in 'n “kleuterskool” in 'n paar koeie se sorg gelaat. Hoe besluit hulle watter koeie is op 'n betrokke aand aan diens?...more27minPlay
November 03, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom lyk die berge in die Karoo soos 'n versierde koek wat in lae opgebou is? Hoekom spring walvisse uit die water uit? En hoe vind die ontkieming van haak-en-steek en sekelbosse se sade plaas?...more25minPlay
October 27, 2018Hoe verklaar jy dit?Kan dit visse en paddas reën? Hoe kan die ouderdom van die aarde wetenskaplik bepaal word? Kan 'n mens enige berekeninge oor die aarde maak sonder om sy plek in die sonnestelsel en melkweg in berekening te bring?...more26minPlay
October 20, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom kwaak paddas? Wat veroorsaak dat voetspore op nat seesand aanvanklik droog is, en dan vol water word? En hoe werk Foucalt se pendulum?...more27minPlay
October 13, 2018Hoe verklaar jy dit?Is dit waar dat wit klere in die somer koeler is as swart klere? Kan 'n mens 'n orkaan vroegtydig met behulp van 'n ontploffing stuit? En het kameelperde ekstra werwels in hulle lang nekke?...more28minPlay
October 06, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom spin 'n kat? Hoe beïnvloed massa die tempo waarteen tyd verloop? En kan 'n mens ovaria of eierstokke oorplant?...more26minPlay
September 29, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat is 'n gonna of 'n krompokkel? Wat kan 'n mens doen aan 'n avokadopeerboom wat baie blomme het, maar omtrent geen vrugte dra nie? Waar het rooivalke oornag voordat hoë geboue en groot uitheemse bome soos bloekoms en dennebome in Suid-Afrika verskyn het? Wat is die nut van bloudissels?...more26minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.