Wat kan gedoen word duiwe se getalle in stede te beperk? En wat veroorsaak dat so baie van hulle probleme met hulle pote het? Wanneer 'n mens op klam sand op die strand stap, is jou voetspoor aanvanklik droog voordat daar water insypel, wat kort daarna weer verdwyn. Hoe verklaar 'n mens dit? Het die Kougarivier in die Oos-Kaap baie lank gelede direk in die see uitgemond voordat die loop daarvan verander het om by die Gamtoosrivier aan te sluit?
Beteken 'n prominente boggel aan 'n mens se agterkop dat jy Neanderdal-voorsate het? Hoe weet miere dat hulle slegs die heuningdou-druppel wat plantluise uitskei, moet gebruik en nie die plantluis ook moet opvreet nie? Hoekom hou die hare op 'n mens se kop aan met groei, terwyl die ander liggaamshare slegs tot 'n bepaalde lengte groei?
Wat is die verskil tussen kapok en sneeu? Hoe kry 'n vlieg dit reg om teen 'n motorruit vas te klou teen die suigkrag van 'n stofsuier? Hoekom kry sekere mense dit reg om voorwerpe soos walvisse in die see maklik raak te sien, terwyl ander selfs met aanwysings, sukkel om dit te sien?
Wat is die verskil tussen kapok en sneeu? Hoe kry 'n vlieg dit reg om teen 'n motorruit vas te klou teen die suigkrag van 'n stofsuier? Hoekom kry sekere mense dit reg om voorwerpe soos walvisse in die see maklik raak te sien, terwyl ander selfs met aanwysings, sukkel om dit te sien?
Hoe het Kepler dit reggekry om sy ingewikkelde berekenings oor planetêre beweging met behulp van die Romeinse getalle-stelsel te doen? Is dit moontlik om die swaartepunt van 'n voertuig laer te maak deur die wiele buitekant die bakwerk te monteer? Waar kom die tonne waaisand vandaan wat tydens die onlangse droogte uit Wes-Kaapse opgaardamme gewaai is?
Is die melk in 'n vyeboom se hout giftig, of kan 'n mens dit gebruik om vleis te braai? Is dit moontlik om 'n werkende eko-verkoeler van 2 liter koeldrankbottels waarvan die boom afgesny is, te maak? Hoe is dit moontlik dat 'n radys vir 'n paar jaar ongeveer 50 cm diep in 'n komposhoop sonder enige verotting of skade behoue kan bly?
Wat kan 'n mens doen om voëls na jou tuin te lok? Watter chemise veranderinge ondergaan 'n ui tydens die gaarmaakproses, sodat dit nie meer jou oë laat brand nie? Hoe werk 'n induksiestoof, en kan 'n mens slegs magnetiese kookgerei daarop gebruik?
Hoekom smelt 'n stuk botter in die mikrogolfoond van die middel af? Hoe maak 'n mens goeie kompos in jou tuin? Wat is die funksie van mangels en die blindederm as die verwydering daarvan geen oënskynlike newe-effekte het nie? En kom hierdie organe slegs by die mens voor?
Moet 'n mens stilstaan of vining padgee as jy skielik op 'n slang afkom? Ervaar visse, voëls, insekte en soogdiere pyn op dieselfde manier? Watter soort termiete val 'n perskeboom se wortels aan, en hoe raak 'n mens ontslae van hulle?
Kan daar meer as een oorsaak wees vir die knoppe op melkhoutbome se blare en die afsterf van groeipunte? Hoekom kraai my buurman se hane enige tyd van die nag en nie net met dagbreek nie? En wat veroorsaak gelerige knoppe agter 'n marmergeitjie se kop?