Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
July 21, 2018Hoe verklaar jy dit?Kan 'n naderende koue front ou rugbybeserings meer laat pyn? Hoekom maak kuifkop-houtkappers nes, skaars 'n meter bokant die grond? Hoe werk goëlery soos dr I.D. du Plessis in sy boek “Uit persoonlike ondervinding”, beskryf? Is daar fossiele in die gesteentes van die Tankwa Karoo? En uit hoeveel water bestaan sneeu?...more23minPlay
July 14, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom is brak grond met 'n hoë soutlading suur, terwyl 'n mens juis die teenoorgestelde sou verwag? Is dit waar dat die westerse wêreld vir al die belangrike uitvindings verantwoordelik was, en dat mense soos die Chinese alles bloot gekopieer het? En hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die sogenaamde wetenskaplike bewyse van ene prof. Stephenson van die VSA dat reïnkarnasie wel bestaan?...more23minPlay
July 07, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoe is dit moontlik dat klippe, rotse en sand in 'n vulkaan só warm kan word dat alles soos water kook en in die lug in geslinger word? Is dit waar dat slange kleurblind is? En is dit gesond om tuinvoëls kaas te voer?...more25minPlay
June 30, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom is Europese spreeus so 'n gewilde gasheer vir luise? Wat is die genetiese afstand tussen die gorilla en die mens? Hoe werk 'n sonwyser, en hoe akkuraat is dit?...more28minPlay
June 23, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom word vliegtuie se motore meestal onder die vlerke gemonteer en nie by die stert nie? Watter voedsel is daar vir diere, soos flaminke, in sout strandmere? Hoe werk 'n reënmeter? En hoe het die talle klein ysterklip-koppies tussen Britstown en Victoria-Wes ontstaan?...more23minPlay
June 16, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom word reënwater wat deur dorpe se stormwaterslote wegloop, nie opgevang vir gebruik nie? Wat is ystervarke se paringsgedrag? As Jupiter en die son uit dieselfde material bestaan, hoekom brand Jupiter nie?...more25minPlay
June 09, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom is daar nie giftige diere in Nieu-Seeland nie, terwyl Australië oor verskeie giftige spesies beskik? Wat het daartoe gelei dat die beplande hidrobreking in die Karoo gestaak is? En raak 'n vlieg gedisoriënteer in 'n motor wat teen 120 kilometer per uur beweeg?...more27minPlay
June 02, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom is 'n swartmamba so giftig? Is dit werklik nodig? Hoe vind genetiese afwyking plaas? En wat veroorsaak knoppies op die blare van melkhoutbome by Franskraal?...more21minPlay
May 26, 2018Hoe verklaar jy dit?Waar kom die Tobie se naam vandaan? Waarom verkies bye meeldou op die blare van plante bo die nektar in blomme? Kan die eet van geelwortels 'n mens help om beter te sien in die nag? En wat kan 'n individu doen om die bewaring van die Kaapse reënpadda te help verseker?...more25minPlay
May 19, 2018Hoe verklaar jy dit?Kan 'n operasangeres 'n glas met haar stem laat versplinter? Kan 'n mens van vlieë ontslae raak deur 'n 20-sent munt in 'n glas water te plaas? En hoe het 'n snaakse akkedisspesie by 'n huis in Pretoria beland?...more24minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.