Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit?
    As 'n hen met voëlgriep besmet is, sal haar eiers ook besmet wees? Is klaasneus-muise regte muise, en hoeveel soorte word in die Fraserburg-omgewing aangetref? Hoekom lyk dit of alle diere volgens dieselfde patroon ontwikkel het, met ander woorde twee oë, vier ledemate, een kop, ensovoorts?
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    As die see die oorsprong van reën is, hoekom is reënwater dan nie sout nie? Hoeveel verskillende soorte malaria kom in Afrika voor? En hoe kommunikeer diere met mekaar, sodat 'n koei dadelik haar kalf se bulk herken?
    28 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoekom hou inteling by mense gevare in, terwyl dit deur boere gebruik word om byvoorbeeld beesrasse te verbeter? Wat veroorsaak dat die een helfte van 'n lemoen se skil grasgroen is, terwyl die ander helfte liggeel is? Hoe word 'n lugspieëling veroorsaak? En hoekom suis die wind nie in ons ore as gevolg van die aarde se rotasie-spoed nie?
    28 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Wat bedoel wetenskaplikes as hulle sê dat die heelal op 'n mespunt gebalanseer is? Waarom word honde nie afgeskrik deur die reuk van vrot kos nie en eet hulle dit selfs sonder om siek te word? En hoekom kniel vlakvarke as hulle wei?
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Watter nut het skerpioene, en hoe hou 'n mens hulle uit die huis? Kan perdebye sonder mannetjies voortplant? En hoekom kan sekere diere nog rondhardloop of swem nadat hulle onthoof is?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Waar kom paddavis-garnale skielik na 'n reënbui in granietpoele in die suide van Namibië vandaan? Is die teenwoordigheid van reënspinnekoppe werklik 'n aanduiding dat daar reën op pad is? En hoe lyk krapspinnekoppe en waar word hulle aangetref?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoekom word daar deesdae soveel nuwe planete ontdek? Waarmee word die afstand tussen hemelliggame gemeet? Plaas die dra van klere nie 'n beperking op die mens se evolusionêre vordering nie? En wat veroorsaak dat sommige mense allergies vir troeteldierhare is?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Het diere enige begrip van gevaar, pyn en dood? Hoe kan 'n mens keer dat vonkelwyn uit 'n oop bottel ontsnap? Is dit moontlik om granietstof te gebruik om grond se samestelling te verander en plante beter te laat groei?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoe lank kan 'n skilpad sy asem ophou? Hoekom laat die gebruik van gryswater vir die spoel van toilette 'n onaangename geurtjie na? En hoe verander melk tydens die UHT-proses?
    24 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap