Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
February 24, 2018Hoe verklaar jy dit?Het mikrogolwe enige uitwerking op skimmel op kos? Watter rol speel patrone in die natuur? En kan verkleurmannetjies swem?...more25minPlay
February 17, 2018Hoe verklaar jy dit?Kan 'n mens plastiektenks waarin gifstof was, vir die opgaar van gryswater gebruik? Wat eet duisendpote, en wat is hulle nut? Plant verskillende kleure lig teen verskillende snelhede voort? En hoe het 'n groot ronde gat in 'n horisontale rots in die Oranjerivier ontstaan?...more28minPlay
February 10, 2018Hoe verklaar jy dit?Is ewigdurende beweging moontlik? Wat stel 'n vlooi in staat om so hoog te spring? En watter nut hou die skenking van water deur 'n groep boere van Grabouw aan die stad Kaapstad in, teen die agtergrond van die droogte in die Wes-Kaap?...more26minPlay
February 03, 2018Hoe verklaar jy dit?Kan die droogte die rede wees waarom naakte slakke skielik binne 'n huis voorkom? Kan baldadige honde wat in 'n parkie losgelaat word, die rede wees waarom 'n dikkoppaartjie se eiers skielik nie uitbroei nie? En het jy al gehoor van die Piltdown-slenter?...more26minPlay
January 27, 2018Hoe verklaar jy dit?Van watter seedier word calamari verkry? Waar kom die reuse hoeveelheid olie vandaan wat met die Alaska olie-pyplyn uit 'n boomlose, permanente ysgebied gepomp word? En watter ekologiese voordele hou vlieë, miere en muskiete in?...more24minPlay
January 20, 2018Hoe verklaar jy dit?Is dit enigsins moontlik dat daar iewers op 'n ander planeet intelligente lewe soos die mens bestaan? Wat veroorsaak dat sekere manlike voëls tydens paartryd 'n kleurverandering ondergaan? Hoekom skei room van die melk by plaasmelk, maar nie by volroom winkelmelk nie? En wat is biesmelk?...more26minPlay
January 13, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoe werk feromone by mense en diere? Hou 'n mikrogolfoond enige kankergevaar vir die gebruiker in? Watter gevaar hou elektriese heinings vir diere soos verkleurmannetjies in?...more25minPlay
January 06, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die veelal-teorie, waarvolgens daar 'n oneindige aantal heelalle bestaan? Hoe kry groot bome dit reg om water tot bo op te suig en dit daar te hou? Waar het kraaie geleer om skilpaaie in die lug op te neem en dit op 'n harde oppervlak te laat val sodat die dop kan breek? En hoekom word insekte se pote in pare getel?...more25minPlay
December 30, 2017Hoe verklaar jy dit?Is populier- en wilgerbome inheems? Is dit waar dat daar meer plantspesies op Tafelberg is as in die hele Brittanje? Hoeveel gewig kan 'n mier dra? Hoekom kan nagdiere beter in die nag sien as mense? As daar Suiderligte bestaan, hoekom sien ons dit nie in Suid-Afrika nie? En het die aarde enige magnetiese invloed op die maan?...more27minPlay
December 23, 2017Hoe verklaar jy dit?Hoekom lê sekere voëls blou eiers? Kan silweragtige rosette op 'n klipskerf fossiele van 'n biesieplant wees? En hoekom ry 'n skurwepadda op die rug van 'n platanna?...more26minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.