Hoe verklaar 'n mens die gevoel dat daar iemand na jou staar en as jy omkyk, dan is dit so? Wat veroorsaak dat daar soms tydens 'n halfmaan 'n reguit, in plaas van 'n geronde skaduwee, op die maan val? Is daar net herbivore en karnivore, of kry ons ook insektivore? En het kwantum-meganika enige nut in die praktyk? Jannie Hofmeyr, Hendrik Geyer en Jurie van den Heever beantwoord díe vrae onder leiding van Chris Swanepoel.