Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 30 Jul
    Wat is lewe? Waar kry slange hulle gif vandaan? Wat is die menslike bioom, en hoe belangrik is dit?
    27 min
  • 23 Jul
    Hoekom maak lemoenduifies se vlerke 'n fluitgeluid wanneer hulle vlieg? Watter onsigbare plaag het die mense van Vleesbaai die afgelope herfs gedurende die nag irriterende steek- of bytplekke toegedien? En hoekom aard granate nie op sekere plekke in die Wes-Kaap nie?
    26 min
  • 16 Jul
    Hoekom ontplof klippe in 'n braaivleisvuur skielik? Watter nadele hou die Oosterse liewenheersbesie onder andere vir die wynbedryf in? En hoekom begin 'n hoenderhen op 'n dag kraai nadat die haantjie dood is? Bennie Schloms, Henk Geertsema en Le Fras Mouton beantwoord die vrae.
    22 min
  • 9 Jul
    Hoekom het windturbines slegs drie vinne? Hoe maak die menslike liggaam homself van binne warm? Wat is die funksie van brein-vetweefsel? Wat is die rol van manlike XY-chromosome en die vroulike XX-chromosome in die bepaling van geslag?
    28 min
  • 2 Jul
    Hoe verklaar 'n mens die gevoel dat daar iemand na jou staar en as jy omkyk, dan is dit so? Wat veroorsaak dat daar soms tydens 'n halfmaan 'n reguit, in plaas van 'n geronde skaduwee, op die maan val? Is daar net herbivore en karnivore, of kry ons ook insektivore? En het kwantum-meganika enige nut in die praktyk? Jannie Hofmeyr, Hendrik Geyer en Jurie van den Heever beantwoord díe vrae onder leiding van Chris Swanepoel.
    25 min
  • 25 Jun
    Daar is verskeie plekname in Suid-Afrika waarin die woord '"wolf" voorkom. Beteken dit dat eens op 'n tyd wolwe in Suid-Afrika was? Het bakterieë ook immuunsisteme soos wat die mens het? Watter funksie vervul sterte by soogdiere? Jannie Hofmeyr, Dave Pepler en Jurie van den Heever beantwoord díe vrae.
    28 min
  • 18 Jun
    Hoe ontstaan 'n dubbeldoor-eier en kan so 'n eier uitbroei? Is dit moontlik om 'n ysberg van Antarktika na die Kaap te sleep om 'n watertekort aan te vul? Hoe gereeld en hoe moet 'n horlosie gediens word? Is stoom sigbaar of onsigbaar? Jannie Hofmeyr, Dave Pepler en Jurie van den Heever beantwoorde díe vrae.
    27 min
  • 11 Jun
    Kan 'n mens seewater gebruik om 'n komposhoop klam te hou? Watter nut het muskiete, behalwe om mense lastig te val en siektes oor te dra? Behoort die bymot tot die by-familie? En waar kom die katoenvlekbesie aan sy naam? Watter voordeel hou die teel van kleurvariante vir wildbewaring in? Piet Eloff, Bennie Schloms en Henk Geertsema beantwoord al díe vrae.
    26 min
  • 4 Jun
    Kan 'n klomp vuurvliegies 'n bewegende ligbal vorm? As babapoeier gebruik word om miere dood te maak, is dit dan nie ook vir die mens giftig nie? Kan 'n mens onbeperk boorgate sink om tydens droogtes water te verskaf? En watter weerpatrone speel 'n rol in droogtes? Hoor wat is Piet Eloff, Bennie Schloms en Henk Geertsema se antwoorde op hierdie vrae.
    26 min
  • 28 May
    Hoe bepaal wetenskaplikes hoeveel spesies daar is, en wanneer dit 'n nuwe spesie is? Kan visse pyn ervaar? Hoe kry klein hondjies en katjies dit reg om lang rukke onder 'n kombers te lê, sonder om benoud te raak? Migreer koning-rooibekkies, en bou hulle hul eie neste?
    26 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap