Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 21 May
    Lê hoenders slegs in die voormiddag eiers? Hoe kan genetiese kennis in die bewaring van spesies soos luiperds gebruik word? Hoekom lê 'n papegaai-wyfie nie eiers nie, maar raak dadelik broeis wanneer 'n hoender-eier onder haar geplaas word? Hoe lyk ware molle, en waar kom hulle voor?
    25 min
  • 14 May
    Kan die eet van turksvy-blaaie lei tot onvrugbaarheid by koeie? Watter aanpassings het krappe en garnale wat slegs in varswaterstelsels voorkom? Is dit moontlik om die ratte van 'n staanhorlosie gesmeer te hou deur bloot 'n oop houer met paraffien daarin te plaas? En hoekom het die lemurs op Madagaskar lang wollerige sterte, terwyl sommige lemurspesies geen sterte het nie?
    25 min
  • 7 May
    Hoe vergelyk die broeitydperk van dinousouriër-eiers met die van moderne voëls, soos hoenders? Watter persentasie van Suid-Afrika se landsoppervlak word deur woude beslaan, en watter tipe organismes word deur hierdie woude onderhou? En waarom en hoe verdamp water?
    23 min
  • 30 Apr
    Hoe word vuurvliegies se lig geproduseer? Kom kleurvariante by bosbokke ook voor? Wat is die oorsprong van die yster-oksied in rooi Kalahari-sand? En wat is die verskil tussen 'n sakspinnekop en 'n gras-sakspinnekop?
    25 min
  • 23 Apr
    Wat is die voor- en nadele van die gebruik van grys water in en om die huis? Hoekom drom miere saam op amandelboompies in die Noord-Kaap? En hoe vertolk 'n mens weerkaarte?
    25 min
  • 16 Apr
    Hoe weet voëls waar om kos te vind? Watter spore oor die vroegste mense is reeds in Suid-Afrika gevind? En wat veroorsaak velletsels op walvisse?
    28 min
  • 9 Apr
    Hoekom is klippe in waterstrome so glad? Wat laat 'n ringnekpapegaai 'n Nooienshaarboom opvreet? En wat is die impliksasie van die nuwe klassifikasie van dinousouriërs?
    27 min
  • 2 Apr
    Waarom is plaasbotter harder as margarien? Watter invloed het die stadsomgewing op wilde diere se gedrag? En hoekom suig bosluise aan die onderkant van 'n skilpad se dop vas en nie aan sy bene nie?
    27 min
  • 26 Mar
    Wat is die voedingswaarde van kos wat in 'n mikrogolfoond gaar gemaak is? Hoe kry 'n geitjie sy voete los as hy teen 'n vertikale oppervlak beweeg? En het diere individuele persoonlikhede, of is hulle gedrag aangeleer?
    24 min
  • 19 Mar
    Het die heelal 'n uiteinde, en wat sal 'n mens sien as jy daar sou uitkom? Hoe ver kan die kommandowurm-mot vlieg om die plaag so vinnig uit Suid-Afrika se noordelike buurlande oor Noordwes en Limpopo te laat versprei? Watter soort geitjie lê haar eiers in 'n gat in 'n metaalhek, en hoekom is daar so baie eiers dat sommige selfs uitval?
    28 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap