Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 12 Mar
    As daar geen slange in Nieu-Seeland is nie, is giftige slange dan hoegenaamd nodig in 'n ekostelsel? Hoekom word daar sedert 1972 gereeld 'n skrikkelsekonde by die wêreld se tydhouding gevoeg? En hoekom bloei daar slegs gom uit een doringboom in 'n groep doringbome?
    25 min
  • 26 Feb
    Wat veroorsaak die lig van die Noorder- en Suiderligte? Wat het van Mars se atmosfeer geword? Hoekom is boorgatwater skoon en nie modderig nie? En hoekom verswak 'n vlak boorgat se waterlewering na 'n hewige donderstorm?
    24 min
  • 19 Feb
    Watter proses word gevolg om vegvliegtuie feitlik onsigbaar vir radar te maak? Is die geskiedenis van die ontdekking van oermense in Suid-Afrika al volledig geboekstaaf? En hoe het die eienaardige bultjies rondom die heuwels tussen Calvinia en Sutherland ontstaan?
    26 min
  • 12 Feb
    Hoekom hoor 'n mens nooit van hartkanker nie? Langs die Kaapse weskus word 'n muis aangetref met blare op sy rug? Wat is die rede hiervoor? En hoe word die blaassprinkaan se geluid geproduseer?
    26 min
  • 5 Feb
    Rus of slaap miere soms? Hoekom word mans mettertyd bles, terwyl hulle baarde steeds welig groei? En is dit moontlik dat 'n slang met sewe koppe volwassenheid kan bereik en op die oog af in 'n baie goeie kondisie kan wees?
    25 min
  • 29 Jan
    Hoe vind diere soos skilpaaie en verkleurmannetjies, wat wyd verspreid voorkom, mekaar tydens paartyd. Is daar al fossiele in Zoeloeland gevind? En kan 'n mens uit plekname aflei waar bergsebras histories voorgekom het?
    29 min
  • 22 Jan
    Is die Bonobo dalk die vermiste skakel in die mens se ontwikkelingslyn? Kan die bestaan van geeste wetenskaplik verklaar word? Wat is die verskil tussen 'n kwagga en 'n sebra? En kan padda-eiers droogtes oorleef?
    28 min
  • 15 Jan
    Hoekom stoot 'n bergskilpad die karkas van 'n dooie skilpad meters ver rond? Bestaan daar enige gevaar dat die urine wat 'n skilpad uitskei wanneer dit opgetel word, uiteindelik tot ontwatering kan lei? Hoe is die eerste ontdekking van mikro-organismes deur 'n linne-handelaar gemaak? En wat gebruik palm-swaels om hulle neste en selfs eiers en kleintjies aan palmbome te heg?
    24 min
  • 8 Jan
    Hoekom is plante, soos wilde irisse, se blomtyd gesinchroniseer sodat hulle op dieselfde dag blom? Wat is mikro-organismes, waaronder bakterië en virusse en watter nut het hulle? En is 'n paddakoor se oorvloedige gesang 'n aanduiding dat daar 'n goeie reënseisoen op pad is?
    26 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap