Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
August 13, 201614 Aug 2016Wat het 'n koeëlronde gat in gesteentes langs die Oranjerivier veroorsaak? Waar kry skoorsteentermiete water vir die klei waarmee hulle neste bou? En hoekom oorleef sommige plattelandse dorpies, terwyl ander kwyn?...more25minPlay
August 06, 20167 Aug 2016Hoe vervel 'n tuinspinnekop met 'n harde ekso-skelet? Hoekom vertoon die lug so blou ná 'n koue front? Wat word van miere wat saam met 'n afgekapte boom op 'n stortingsterrein beland? En waar kom die ronde spoelklippies, wat soos klein aartappels lyk, in die Kalkveld in die suidooste van Namibië vandaan?...more28minPlay
July 30, 201631 Jul 2016Hoekom is daar nie paddas in die see nie? Kan 'n mens werklik uitgestorwe dierespesies laat herleef? En hoekom dra mense klere?...more26minPlay
July 23, 201624 Jul 2016Is mossies monogaam? Hoe vergelyk die uitbarsting van Krakatoa in 1883 met die aarbewing in Alaska in 1964? En hoe navigeer dolfyne?...more26minPlay
July 16, 201617 Jul 2016Sal 'n bidsprinkaan klere begin vreet as dit in 'n huis vasgekeer is? En is dit waar dat die wyfie die mannetjie se kop afbyt voor paring? Hoe lyk 'n spinnekopjagter en maak molkrieke ook geluide? Waar kom die interne hitte van die aarde vandaan en wat hou dit in stand? En hoekom vertoon berge blou van ver af en nie die natuurlike kleur van die gesteentes en plantegroei nie?...more24minPlay
July 09, 201610 Jul 2016Hoe het dennemotte uit Mpumalanga in die Wes-Kaap beland? Hoekom is varke uit Oostenryk ingevoer om denneplantasies in Suid-Afrika te beskerm? Hoekom word die doldrums ook die perdebreedtes genoem?...more26minPlay
July 02, 20163 Jul 2016Kan 'n mens van een plek na 'n ander beweeg deur bloot op te styg en te wag tot die betrokke plek saam met die aarde tot onder jou draai? Is daar enige verskil in die hoogte waarop 'n koeël 'n teiken tref as 'n mens met 'n geweer op- en afdraand skiet? As Suid-Afrika onder aan die aardbol geleë is, beteken dit dat die mense in die suidelike halfrond aan die aarde hang, of nie? Hoekom word 'n mens 'n naar as jy jou vinger in jou keel druk? Is dit waar dat 'n mens se vingernaels vinniger as jou toonnaels groei? En wat is die breinvolume van 'n volwasse mens se skedel?...more27minPlay
June 25, 201626 Jun 2016Hoekom kry party mense kouer as ander? Wat sal die effek van 'n aardbewing of tsoenami op Suid-Afrika se voorgestelde kernkragstasies wees? En hoe vining vind evolusionêre verandering in organismes plaas?...more26minPlay
June 18, 201619 Jun 2016Wat is die verskil tussen honderdpote en duisendpote en het hulle enige nut? Hoe kry sampioene en plante dit reg om deur beton en teer te groei? En hoekom verander sommige spesies meer as ander tydens evolusie?...more28minPlay
June 11, 201612 Jun 2016Hoekom lees 'n mens steeds in sekere geskrifte dat die aarde plat is? Hoe kan 'n mens statisties bewys dat daar geen korrelasie tussen mense se geboorte- en sterfdatums is nie? Weet slange en ander diere watter omgewing pas die beste by hulle velkleur om hulle te help kamoefleer?...more27minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.