As die water in die see aanvanklik vars was, waar het die sout vandaan gekom? En as dit eers later sout geword het, hoe het dit die lewe in die see beïnvloed? Wat is 'n bloublasie, en waarmee behandel 'n mens die brandplekke van bloublasies?
Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?
Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?
Hoekom is die letters op 'n tikmasjien of rekenaar se toetsbord nie in alfabetiese volgorde nie? Waarom is groot gedeeltes naby Augrabies die afgelope paar jaar onder skadunet geplaas? En watter rol speel die ontwikkeling van tegnologie en meganisasie in toenemende verstedeliking?

Wanneer en hoe het lewe op aarde ontstaan? Hoe het die ravyn onder die Augrabies-waterval ontstaan? En wat verhoed dat die ravyn nie deur water-erosie al dieper die binneland in gekerf word nie?
Kan 'n mens kannibaal-rotte teel om 'n rotplaag onder beheer te bring? Hoekom word daar so baie akkedisse by die Augrabies-waterval aangetref? En wat is die verskillende ontstaansredes vir dorpe?
Is suurlemoene alkalies? Was die mini-ystydperk van ongeveer 1300 tot 1850 die gevolg van miljoene ontbindende lyke van die inheemse bevolking van die Amerikas? En hoeveel waarheid is daar in die teorie dat kleurterapie feitlik alle siektes kan genees?
Hoe word die afstand tussen die aarde en die son gemeet? Hoekom word daar deesdae so baie nuwe planete ontdek? Hoekom dra mense klere? En wat in troeteldier-hare veroorsaak allergiese reaksies by mense?