Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 14 Aug 2016
    Wat het 'n koeëlronde gat in gesteentes langs die Oranjerivier veroorsaak? Waar kry skoorsteentermiete water vir die klei waarmee hulle neste bou? En hoekom oorleef sommige plattelandse dorpies, terwyl ander kwyn?
    25 min
  • 7 Aug 2016
    Hoe vervel 'n tuinspinnekop met 'n harde ekso-skelet? Hoekom vertoon die lug so blou ná 'n koue front? Wat word van miere wat saam met 'n afgekapte boom op 'n stortingsterrein beland? En waar kom die ronde spoelklippies, wat soos klein aartappels lyk, in die Kalkveld in die suidooste van Namibië vandaan?
    28 min
  • 31 Jul 2016
    Hoekom is daar nie paddas in die see nie? Kan 'n mens werklik uitgestorwe dierespesies laat herleef? En hoekom dra mense klere?
    26 min
  • 24 Jul 2016
    Is mossies monogaam? Hoe vergelyk die uitbarsting van Krakatoa in 1883 met die aarbewing in Alaska in 1964? En hoe navigeer dolfyne?
    26 min
  • 17 Jul 2016
    Sal 'n bidsprinkaan klere begin vreet as dit in 'n huis vasgekeer is? En is dit waar dat die wyfie die mannetjie se kop afbyt voor paring? Hoe lyk 'n spinnekopjagter en maak molkrieke ook geluide? Waar kom die interne hitte van die aarde vandaan en wat hou dit in stand? En hoekom vertoon berge blou van ver af en nie die natuurlike kleur van die gesteentes en plantegroei nie?
    24 min
  • 10 Jul 2016
    Hoe het dennemotte uit Mpumalanga in die Wes-Kaap beland? Hoekom is varke uit Oostenryk ingevoer om denneplantasies in Suid-Afrika te beskerm? Hoekom word die doldrums ook die perdebreedtes genoem?
    26 min
  • 3 Jul 2016
    Kan 'n mens van een plek na 'n ander beweeg deur bloot op te styg en te wag tot die betrokke plek saam met die aarde tot onder jou draai? Is daar enige verskil in die hoogte waarop 'n koeël 'n teiken tref as 'n mens met 'n geweer op- en afdraand skiet? As Suid-Afrika onder aan die aardbol geleë is, beteken dit dat die mense in die suidelike halfrond aan die aarde hang, of nie? Hoekom word 'n mens 'n naar as jy jou vinger in jou keel druk? Is dit waar dat 'n mens se vingernaels vinniger as jou toonnaels groei? En wat is die breinvolume van 'n volwasse mens se skedel?
    27 min
  • 26 Jun 2016
    Hoekom kry party mense kouer as ander? Wat sal die effek van 'n aardbewing of tsoenami op Suid-Afrika se voorgestelde kernkragstasies wees? En hoe vining vind evolusionêre verandering in organismes plaas?
    26 min
  • 19 Jun 2016
    Wat is die verskil tussen honderdpote en duisendpote en het hulle enige nut? Hoe kry sampioene en plante dit reg om deur beton en teer te groei? En hoekom verander sommige spesies meer as ander tydens evolusie?
    28 min
  • 12 Jun 2016
    Hoekom lees 'n mens steeds in sekere geskrifte dat die aarde plat is? Hoe kan 'n mens statisties bewys dat daar geen korrelasie tussen mense se geboorte- en sterfdatums is nie? Weet slange en ander diere watter omgewing pas die beste by hulle velkleur om hulle te help kamoefleer?
    27 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap