Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 3 Apr 2016
    As DNA onstabiel is, hoe oorkom die SAP se forensiese spanne hierdie probleem? Daar word gesê dat die son mutasies op die mens se vel veroorsaak. Beteken dit dat ons sonlig heeltemal moet vermy? Wat kan gedoen word om die verspreiding van nuwe geel indringer-perdebytjies te voorkom? Hoe vervel 'n slang? En is dit moontlik dat hy self die ou vel kan opvreet?
    25 min
  • 27 Mar 2016
    Kan 'n akkedis 'n koue-water siklus saam met wasgoed in 'n wasmasjien oorleef? Verskil 'n jong lawaai-skurwepadda in voorkoms van 'n volwassene? Waar kom die plantvoedingstowwe in Kalahari-sand vandaan? Is dit raadsaam om as by jou kompos in te werk? En hoekom voel dit altyd asof die rook van 'n oop braaivuur 'n mens agtervolg?
    26 min
  • 20 Mar 2016
    Wat veroorsaak dat yskristalle in 'n besondere patroon aan die buitekant van 'n staal-wyntenk vorm? Die reënpadda is die eerste Suid-Afrikaanse padda wat wetenskaplik beskryf is. Waar word hy aangetref? En hoekom sien 'n mens verskillende wolkvorme op verskillende hoogtes?
    25 min
  • 13 Mar 2016
    Hoe het dinosouriërs by ystydperke ingepas? En wat versteur die samestelling en harmonie van duifspesies in 'n huistuin?
    28 min
  • 6 Mar 2016
    'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees. Hoekom hardloop atlete altyd anti-kloksgewys om die baan? Hoekom is daar nie meer so groot landdiere soos die dinosourusse nie?
    31 min
  • 28 Feb 2016
    Hoekom raak 'n mens se hare grys? Waarom voel dit asof die aanvoelbare temperatuur styg net voordat dit begin sneeu? En het jy geweet dat 'n Kaliforniese rotsmyt, gemeet aan sy ligaamslengte, vinniger as Usain Bolt is?
    27 min
  • 14 Feb 2016
    Waar het die panne in Boesmanland so skielik vandaan gekom na die onlangse reën? Wat is 'n hittegolf? Is diegene wat biologiese feite oor die vaslegging van geslag en homoseksualisme ignoreer, besig om kontra-kennis te verkondig? Bo-op Stellenboschberg is klipstrukture wat herinner aan die by Stonehenge. Hoe het dit daar gekom?
    25 min
  • 7 Feb 2016
    Hoe kry rankplante soos pampoene dit reg om ankerplekke op te spoor waaraan hulle hulself kan vesheg? As evolusie 'n intelligente proses is, hoekom laat dit dan soms sekere letsels na? Is daar enige sin in die jag van diere?
    27 min
  • 31 Jan 2016
    Hoekom het swaeltjies gedurende die afgelope droë somer steeds probeer neste bou, hoewel daar nie meer voldoende modder beskikbaar was nie? Hoe kry spinnekoppe dit reg om hulle spindrade van een struik na 'n ander te span? Waar kom wynvliegies so vining vandaan sodra 'n mens 'n bottel wit wyn oopmaak? En hoeveel keer per jaar broei bloukop koggelmanders?
    28 min
  • 24 Jan 2016
    Hoe raak 'n mens ontslae van geitjies in die huis? Behoort bidsprinkane ook tot die sprinkaanfamilie? En kan 'n mens in Suid-Afrika met Emoes boer?
    25 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap