Hoe verskil dag-geitjies se gedrag van die van nag-geitjies? Hoekom roep 'n Piet-my-vrou dwarsdeur die nag? En word 'n perdebynes op dieselfde wyse as 'n bynes georganiseer?
Lê koggelmanders hulle eiers ondergronds? Hoe kom suikermiertjies in 'n fles konfyt wat stewig toegedraai is? En wat laat rooiborsduifies se kleintjies spoorloos uit hulle nes verdwyn?
Hoe word 'n kokerboom se saad versprei? Bevat reënwater meer stikstof as munisipale drinkwater? Hoe vinnig beweeg menslike sperm? En is dit waar dat die buite-temperatuur styg net voordat dit begin sneeu?
Hoe het 'n koeëlronde klippie in 'n holte binne in 'n groter klip gevorm? Wat veroorsaak dat 'n vliegtuig 'n wit streep, met 'n tweede blou streep daaragter, in die lug oor die Karoo maak? Is beet bestand teen swart ryp?
Waar kom die losstaande rotse in die Weskus Nasionale Park vandaan? Hoekom is die pupil van 'n geitjie se oog vertikaal geplaas? En hoe is dit moontlik dat 'n wolk bo 'n veldbrand vorm?
Hoe lyk 'n draadslangetjie en waarvan leef hy? Wat veroorsaak gal by avokado- en ander bome? En wat is die verband tussen vlêrmuise en die Duvenhage-virus?
As tydperke van aardverwarming al vir miljoene jare voorkom, hoe groot is die mens se bydrae tot die huidige verwarmingsproses? Kan paddavissies in 'n klein poeletjie ver van standhoudende water oorleef? En hoe raak 'n mens ontslae van vlooie in jou huis?
Hoekom bou 'n vink 'n dubbelverdiepingnes? Wat is die samestelling van die suikers in Proteas se nektar? Hoekom gaan voëls nie dood van bessies wat vir die mens dodelik giftig is nie? En hoe word 'n mens se vingerafdrukke ná beskadiging op presies dieselfde patroon geregenereer?