Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 5 Jun 2016
    Was vroeë mense in 'n stadium naglewend? Hoekom weerkaats verskillende diersoorte se oë verskillende kleure as 'n mens in die nag 'n flitslig op hulle skyn? Hoekom hou 'n swerm voëls in 'n boom eensklaps op sing, net om 'n sekondes later weer gelyk in te val? En wat is die eetgewoontes van 'n skurwepadda?
    28 min
  • 29 May 2016
    Bestaan daar iets soos die Nebraska-mens? Sal aasvoëls menslike oorskot vreet? En kom ouersorg by seebabers voor?
    29 min
  • 22 May 2016
    Kan die smelt van ys by die pole aardbewings veroorsaak? Hoekom is daar gereeld aardtrillings waargeneem toe die Katse dam die eerste keer vol water begin word het? Het die skilpad se dop op land of in die water ontstaan? En hoe kry 'n swerm voëls en 'n skool visse dit reg om teen 'n hoë snelheid, op 'n skynbaar perfek gesinchroniseerde wyse, van rigting te verander?
    28 min
  • 15 May 2016
    Kan 'n selfoon 'n vlermuis se vermoë om obstruksies te vermy, beïnvloed? Wat veroorsaak dat digte plantegroei in 'n reguit lyn in die Karoo naby Willowmore aangetref word, asof dit langs 'n onsigbare lyndraad groei? Waarom sing voëls?
    27 min
  • 8 May 2016
    As die die son se massa verminder as gevolg van die energie wat dit uitstraal, moet dit nie daartoe lei dat die aarde verder van die son wegbeweeg nie? Hoe word inteling in die natuur voorkom of gereguleer, indien wel? En bestaan daar enige korrelasie tussen mense se sterfte- en geboortedatums?
    28 min
  • 1 May 2016
    Watter diere word almal blind gebore en wat is die rede daarvoor? Word dit werklik warmer net voordat dit begin sneeu? Wat het die fossielspore op 'n klip uit die sandveld veroorsaak wat vandag in 'n gebou op Stellenbosch ingemessel is?
    29 min
  • 24 Apr 2016
    Wat is MSG? En steek daar enige waarheid in bewerings in die VSA dat die byvoeging daarvan by Chinese wegneem-etes verskeie newe-effekte tot gevolg kan hê? Hoe akkuraat is koolstofdatering? En vervel skilpaaie ook soos slaange en akkedisse?
    25 min
  • 17 Apr 2016
    Hoekom vind 'n mens so min fossiele in Tafelberg-sandsteen? Is dit moontlik dat die fossiel van 'n paddatjie in 'n klip in die omgewing van Mooirivier gevind is? Hoekom smaak lemoensap bitter as jy dit drink net nadat jy jou tande geborsel het? As hadedas van die Ooste van die land Weswaarts kon migreer, kan swart mambas mos dieselfde doen? En hoekom verwys sommige mense na kransduiwe as bosduiwe?
    27 min
  • 10 Apr 2016
    Vrot 'n vis werklik van sy kop af? Hoe oud word kransduiwe in die natuur? Kan voëls proe? Hoekom duik 'n plastiek waterbottel in as 'n mens water daarin vries? Hoe beland die pou-oog mot, wat normaalweg in die denneplantasies in Mpumalanga voorkom, in die Suid- en Wes-Kaap? En hoe is dit moontlik dat daar maaiers uit 'n sterwende brommer kom, wat pas met insekdoder gespuit is?
    26 min
  • 10 Apr 2016
    Vrot 'n vis werklik van sy kop af? Hoe oud word kransduiwe in die natuur? Kan voëls proe? Hoekom duik 'n plastiek waterbottel in as 'n mens water daarin vries? Hoe beland die pou-oog mot, wat normaalweg in die denneplantasies in Mpumalanga voorkom, in die Suid- en Wes-Kaap? En hoe is dit moontlik dat daar maaiers uit 'n sterwende brommer kom, wat pas met insekdoder gespuit is?
    26 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap