Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
April 02, 20163 Apr 2016As DNA onstabiel is, hoe oorkom die SAP se forensiese spanne hierdie probleem? Daar word gesê dat die son mutasies op die mens se vel veroorsaak. Beteken dit dat ons sonlig heeltemal moet vermy? Wat kan gedoen word om die verspreiding van nuwe geel indringer-perdebytjies te voorkom? Hoe vervel 'n slang? En is dit moontlik dat hy self die ou vel kan opvreet?...more25minPlay
March 26, 201627 Mar 2016Kan 'n akkedis 'n koue-water siklus saam met wasgoed in 'n wasmasjien oorleef? Verskil 'n jong lawaai-skurwepadda in voorkoms van 'n volwassene? Waar kom die plantvoedingstowwe in Kalahari-sand vandaan? Is dit raadsaam om as by jou kompos in te werk? En hoekom voel dit altyd asof die rook van 'n oop braaivuur 'n mens agtervolg?...more26minPlay
March 19, 201620 Mar 2016Wat veroorsaak dat yskristalle in 'n besondere patroon aan die buitekant van 'n staal-wyntenk vorm? Die reënpadda is die eerste Suid-Afrikaanse padda wat wetenskaplik beskryf is. Waar word hy aangetref? En hoekom sien 'n mens verskillende wolkvorme op verskillende hoogtes?...more25minPlay
March 12, 201613 Mar 2016Hoe het dinosouriërs by ystydperke ingepas? En wat versteur die samestelling en harmonie van duifspesies in 'n huistuin?...more28minPlay
March 06, 20166 Mar 2016'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees. Hoekom hardloop atlete altyd anti-kloksgewys om die baan? Hoekom is daar nie meer so groot landdiere soos die dinosourusse nie?...more31minPlay
February 27, 201628 Feb 2016Hoekom raak 'n mens se hare grys? Waarom voel dit asof die aanvoelbare temperatuur styg net voordat dit begin sneeu? En het jy geweet dat 'n Kaliforniese rotsmyt, gemeet aan sy ligaamslengte, vinniger as Usain Bolt is?...more27minPlay
February 13, 201614 Feb 2016Waar het die panne in Boesmanland so skielik vandaan gekom na die onlangse reën? Wat is 'n hittegolf? Is diegene wat biologiese feite oor die vaslegging van geslag en homoseksualisme ignoreer, besig om kontra-kennis te verkondig? Bo-op Stellenboschberg is klipstrukture wat herinner aan die by Stonehenge. Hoe het dit daar gekom?...more25minPlay
February 06, 20167 Feb 2016Hoe kry rankplante soos pampoene dit reg om ankerplekke op te spoor waaraan hulle hulself kan vesheg? As evolusie 'n intelligente proses is, hoekom laat dit dan soms sekere letsels na? Is daar enige sin in die jag van diere?...more27minPlay
January 30, 201631 Jan 2016Hoekom het swaeltjies gedurende die afgelope droë somer steeds probeer neste bou, hoewel daar nie meer voldoende modder beskikbaar was nie? Hoe kry spinnekoppe dit reg om hulle spindrade van een struik na 'n ander te span? Waar kom wynvliegies so vining vandaan sodra 'n mens 'n bottel wit wyn oopmaak? En hoeveel keer per jaar broei bloukop koggelmanders?...more28minPlay
January 23, 201624 Jan 2016Hoe raak 'n mens ontslae van geitjies in die huis? Behoort bidsprinkane ook tot die sprinkaanfamilie? En kan 'n mens in Suid-Afrika met Emoes boer?...more25minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.