Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoe werk 'n teensuurmiddel wat self suur bevat? Is uile gebiedsgebonde? En is die uithaal van vrugteboorde werklik 'n waterbesparende strategie?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Wat is 'n Afrika-aartappel? Hoe lank bly insekte-middels giftig in die tuin? Deur watter stadiums van ewolusie het ons waterlewende voorouers ontwikkel tot by die vroegste menslike wesens? En hoe raak 'n mens van lastige blaaspootjies ontslae?
    30 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Wat kan 'n mens doen om 'n keweragtige insek, in die volksmond bekend as twee-tweetjies, in jou groentetuin te bekamp? Watter soort wurm dra haar eiers op haar rug saam? Hoe word radio-aktiewe datering op fossiele gedoen? En watter soort spinnekop spin 'n pragtige, koepelvormige web? Henk Geertsema en Jurie van den Heever beantwoord die vrae.
    27 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Hoekom moet 'n mens al minder water in 'n stoom-eierkoker gooi, hoe meer jy eiers daarin kook? Wat was die sogenaamde Carrington-gebeurtenis van 1859? En hoekom is die suiderligte tydens hierdie gebeurtenis in Australië waargeneem, maar nie in Suid-Afrika nie? Hoe is dit moontlik om met 'n selfoon 'n ligkol op 'n muur te kaats waarop die son reeds skyn? En wat veroorsaak dat 'n arend wat in die lug sirkel periodiek verskyn en verdwyn?
    25 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Was ons voorgeslagte eeue gelede kleurblind? Hoe werk die induksie-kookproses? Gebruik 'n gasverwarmer meer gas as jy meer elemente gelyktydig gebruik? En hoekom het die gebou wat onlangs in 'n hewige brand in Londen verwoes is, nie ineengestort soos die Twin Towers destyds in die VSA nie?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Is die feit dat die haainette aan die KwaZulu-Natalse kus onlangs tydens die sardientjie-loop verwyder moes word, nie 'n aanduiding dat die nette oorbodig is nie? Is daar 'n plaasvervanger vir naftaleen om vismotte mee te verdryf? Hoe kan 'n mens die koste van 'n boorgat vooraf bepaal? En kan 'n kat 'n skerpioen dood blaas?
    29 min
  • Hoe verklaar jy dit?
    Kan katte ook met die MI-virus besmet raak? Kan 'n mens vooraf bepaal wat die gehalte van die water in 'n boorgat sal wees? En wat is die sogenaamde Parktown prawns?
    28 min
  • 20 Aug
    Watter veranderings het die pootlose akkedis ondergaan om te kan oorleef? Duisende jare gelede was Robbeneiland vas aan die Wes-Kaapse skiereiland. Is daar vandag enige noemenswaarddige genetiese verskille tussen die akkedisse op die eiland en die by Bloubergstrand? En hoekom gaan dennebome dood as 'n mens dit afkap, terwyl bloekombome weer uitloop?
    26 min
  • 13 Aug
    Waaruit bestaan die spektrum van lig wat die menslike oog kan sien? Is die adelaarsvaring 'n inheemse plant? En hoeveel skilpadspesies is daar in Suider-Afrika?
    24 min
  • 6 Aug
    Watter rol speel DNS in die ontwikkeling van 'n embrio? Hoekom bly houtlym vloeibaar in 'n houer, maar vorm 'n stewige las as 'n mens dit aan twee stukke hout smeer en die hout vasklem? Kan paddas duisendpote eet sonder om van die gif dood te gaan? En hoekom kan 'n kat met gemak in 'n boom klim, en dan sukkel om weer uit te klim?
    29 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap