Hoe algemeen is dit om ‘n perdehaarwurm in ‘n bidspringkaan te vind? Hoekom moet ons ons selfoonbatterye vol laai voor eerste gebruik, en is dit nodig om altyd jou battery vol te laai daarna?
Watter stappe moet jy doen wanneer ‘n slang jou hond pik? Hoekom is katte minder die slagoffer van slange? Wat is die verhouding tussen insekte en plante? Wanneer suig die insek, en wanneer kou hulle?
Tydens die wintermaande is sekere swaeltjies in die Vrystaat gewaar. Het hulle die emigrasiebus verpas? Hoe kwaak ‘n padda? Is daar stembande, of is dit ‘n klank wat die ly produseer?
Waarom het teleskope geboë spieëls of lense om voorwerpe in die verte te vergroot? Hoe is dit dat die Piet-my-vrou so skielik uit die niet verskyn, en aanhoudend roep? Waar is hulle tydens die wintermaande?
Hoekom verander ‘n springkaan van kleur nadat hy die blom van ‘n sterlizia gevreet het? Hoe is dit vir geitjies moontlik om teen mure, selfs plafonne, te hardloop?
Die boomslang het ‘n slegte reputasie, maar is al die gruwelstories waar? Wat sou gebeur as ons nooit weer tuin sou maak nie, en ons los alles om self te groei en oorleef?
Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar af rol? Wat is die mees fassinerende voorbeeld van simbiose wat Dave Pepler in sy navorsing teëgekom het? Wat kan dit ons oor die natuurlike wêreld leer?
‘n Luisteraar het ‘n videogreep ingestuur waar ‘n kewer ‘n ander laat ontplof! Waar gaan daar aan? Hoe verander sekere spesies van geslag? Watter omstandighede veroorsaak hierdie verandering?