Daar is ‘n droë dam, bietjie reën en die babers is vollop, waar kom hulle vandaan? Wat beïnvloed die tyd wanneer bome uitloop, en hoekom is dit nie altyd dieselfde tyd nie?
As duiwe so volop is, hoekom vang valke en arende selde of ooit een? Moes daar, in terme van evolusie, nie 'n aanwas van roofvoëls plaasgevind het teen hierdie tyd nie? Hoe kommunikeer walvisse en dolfyne met behulp van klank onder die water?
Mense met sinestesie kan kleure sien wanneer musiek speel, of geure proe wanneer hulle sekere woorde hoor. Hoe word spieëlaanraking-sinestesie verklaar? Wat beïnvloed of veroorsaak temperatuur?
Wat gebeur in ‘n kameelperd se elelange nek en keel wanneer hulle water drink, en hoe affekteer hulle bene se posisie die drinkproses? Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te sit?
Hoe het die rotsluislang die ekostelsels in Suid-Afrika beïnvloed, en watter bewaringspogings is daar om hierdie spesie te beskerm? Hoekom is daar ‘n skielike toename in groot bruin motte in die Vrystaat?
By die Augrabiese Waterval is strepe teen die berg opgelet. Wat het die strepe veroorsaak? Kan ‘n troosmiddel (placebo) mense regtig beter maak, of is dit alles maar net in die persoon se kop?