Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 15 Junie 2025
    Hoe haal die oranjelonglose-spinnekop asem as dit nie longe het nie? Is houtkewers gevaarlik vir mense? Sosialiseer insekte, en watter lesse kan ons uit hulle kommunikasie leer?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit 1 Junie 2025
    Wat is klipsweet, en watter rol speel dit in parfuum? Hoe is dit moontlik dat ‘n stralekrans om iemand se kop gevorm kan word, en wat is die presiese omstandighede om dit te kan vasvang?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 25 Mei 2025
    Is dit waar dat spraak voor die genus Austrolopiticus nie moontlik was nie aangesien hulle in daardie stadium nie beskik het oor 'n tongbeen of hyoïdbeen nie? En, ons sit die gesprek oor inseksosialisering voort.
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 18 Mei 2025
    Op skool leer ons paddas lê eiers in stringe, maar dit is net waar vir een soort padda. Wat doen die ander paddas? Hoe het die poffadder sy unieke hittewaarnemende put ontwikkel?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 11 Mei 2025
    Hoekom maak ‘n essenhoutboom geluide wanneer daar sap en skuim uit die stam gestoot word? Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar afrol?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 4 Mei 2025
    Hoekom word sekere bye meer aangetrek na die kos wat mense eet, eerder as na blomme? Wat is ASMR? Hoe  weet ons dit ontspan mense? Wat as dit eintlik die teenoorgestelde doen?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 27 April 2025

    Hoe is dit moontlik dat voëls nooit met mekaar bots wanneer hulle in vlug is nie, veral as hulle in teenoorgestelde rigtings vlieg, en om hoeke by huise en geboue waar hulle nie kan sien wat aan die anderkant is nie? Waar kom al die wanpersepsies oor die swartmamba vandaan?

    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 20 April 2025
    Wat is die mees fassinerende voorbeeld van insek-sosialiteit, en wat kan dit ons leer oor samewerking en kommunikasie by diere? Hoe kry 'n uitgebrande protea dit reg om ondanks sy of haar oorlye nog tekens van lewe te wys, soos lewende sirkels wat draai in ander nuwe sirkels, asof die sirkels oneindig is?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 13 April 2025
    Hoe is dit moontlik vir ‘n perdeby om haar eiers in ‘n lewende spinnekop te lê en die spinnekop aan die lewe te hou? Waar hiberneer ‘n padda? As dit ondergrond is, hoekom spit meer mense nie paddas in die winter op nie?
    23 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap