Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2026
    Hoe bly ’n papie lewendig binne sy omhulsel, en hoekom sterf hy as dit te vroeg breek? Hoekom sien ’n mens kilometers se voëlneste aan kragdrade tussen Britstown en Upington, maar amper niks tussen Britstown en Kaapstad nie?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2026

    Het jy al ooit gewonder hoe klank diere se gedrag, kommunikasie en hulle oorlewing beïnvloed?En hoe sekere organismes kan leef in plekke waar niks anders kan oorleef nie - van ys tot kookwater? Ons ontbloot die ongelooflike maniere waarop die natuur aanpas en oorleef.

    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2026
    Sommige diere kan klank “sien” deur vibrasies. Harde, mensgemaakte geraas kan hulle navigasie en oorlewing ernstig ontwrig. En, daar is organismes wat in toestande leef wat vir ons onmoontlik is - van yskoue poolstreke tot byna kookpuntwarm water.
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2026
    Jou eie immuunstelsel kan soms jou liggaam aanval asof dit die vyand is. En, in die natuur kan plante insekte wegstoot met gifstowwe, maar sonder daardie insekte kan hulle nie voortplant nie. Ons verduidelik hoe hierdie skynbare teenstrydighede werk.
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 26 April 2026
    Oorlog vernietig nie net menselewe nie, maar kan hele ekostelsels vir dekades lank ontwrig, van besoedelde grond en water tot diere wat permanent uit gebiede verdwyn. Ons kyk na die onsigbare impak van oorlog op die natuur, en hoekom die skade baie langer bly as wat ons dink. Daar is paddas met deursigtige velle, sogenaamde glaspaddas, waar jy regdeur hulle lyf kan sien, selfs hulle kloppende harte Ons verduidelik hoe dit moontlik is, hoekom dit evolusionêr sin maak, en wat hierdie ongelooflike diere ons oor oorlewing leer.
    22 min
  • Hoe verklaar jy dit? 19 April 2026
    Het jy al ooit gewonder hoekom ’n hond reageer op mense se stemme, maar nie op ’n papegaai wat presies dieselfde naam roep nie? En, kan paddas rêrig vlieg, of is dit net ’n wolhaarstorie?
    23 min
  • Hoe verklaar jy dit? 12 April 2026
    Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken. Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê dit vir ons oor die aard van die heelal.
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 5 April 2026
    Miljoene jare gelede het iets begin, wat vandag nog die Kaap en Namakwaland uniek maak — ’n landskap só ryk aan plantedat dit nêrens anders op aarde bestaan nie. Wat lyk soos ’n slang wat oor sement beweeg, maar nie ’n slang is nie? Dis duisende larwes wat saam migreer! Hoekom? Waarheen? En wat gebeur volgende?
    24 min
  • Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2026
    Ons vind uit hoe fyn verweef jou lewe met die natuur is, en hoekom die gesondheid van ekostelsels eintlik oor jou toekoms gaan. Wat gebeur wanneer diere oor generasies selektief geteel word? Watter onbedoelde biologiese nadele ontstaan so?
    23 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap