Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 1 Mar 2015
    Hoekom maak 'n dikkoppaar elke jaar hulle kuikens dood? Hoe kan 'n mens dopluise op turksvye bestry? Keer swaeltjies elke jaar terug na dieselfde nes? En hoekom vrek kreef en seevis as hulle in vars water geplaas word, terwyl palings en salm in beide vars en seewater oorleef?
    26 min
  • 22 Feb 2015
    Wat veroorsaak dat kwikstertjies skielik uit 'n mens se tuin verdwyn? Kan 'n mens DNS uit fossiele gebruik om die verwantskap tussen dinosourusse en voëls te bepaal? En as duisendpote veronderstel is om verottende plantmateriaal te vreet, hoekom vreet hulle gate in aartappels?
    26 min
  • 15 Feb 2015
    Kan 'n mens met behulp van 'n koeldrankstrooitjie bepaal of 'n waatlemoenryp is? Wat veroorsaak die verskillende kleure van water in damme? En uit watter era dateer die klipwerktuie wat veral in die Karoo in die veld rondlê?
    28 min
  • 8 Feb 2015
    Kan 'n aartappelplant tamaties dra? Hoekom verweer sandsteengeboue se stene oneweredig? Waarom wil sommige vyebome nie vrugte dra nie? En waaraan moet 'n mens voldoen om as 'n wetenskaplike bestempel te word?
    25 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap