Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 23 Nov 2014
    Het jy al ooit 'n wit reënboog gesien? Hoekom wys perde en ander plaasdiere soms hulle tande asof hulle grynslag? En op watter maniere kommunikeer diere met mekaar?
    28 min
  • 16 Nov 2014
    Kan 'n mens werklik toets of 'n flitsbattery dood is, deur dit op 'n sekere manier op die grond te laat val? Hoe bepaal 'n mens of dele van 'n fossiel, soos 'n tand en 'n skedel, aan mekaar behoort as dit naby mekaar gevind word? Watter rol speel sonlig en klimaat in die mens se velkleur?
    29 min
  • 2 Nov 2014
    Hoe meet 'n mens die temperatuur op die oppervlak van die son, asook by die kern van die aarde? Hoekom is die limfklier in die boud van 'n bosbok baie groter as die van 'n koedoe? Watter gevaar hou natuurlike swaar metale in die grond vir mens en dier in?
    28 min
  • 26 Oct 2014
    Hoe word 'n fossiel wat soos 'n varingblaar lyk in 'n gesteente gevorm? Wat veroorsaak geel knoppe aan sommige geitjies se nekke? En hoekom is daar so baie mites oor die medisinale waarde van renosterhoring as dit basies uit dieselfde materiaal bestaan as voëls se snawels, bokke se horings en selfs mense se naels?
    26 min
  • 19 Oct 2014
    Hoekom sien 'n mens nie hadida-neste of –kuikens nie? Waarom gebruik ons rooi en groen waarskuwingsligte as rooi-groen kleurblindheid die algemeenste vorm van kleurblindheid is? En hoe word sneeuvlokkies gevorm?
    26 min
  • 12 Oct 2014
    Kan dit paddas reën? Is dit veilig om met wingerdstompies te braai, gegewe die hoeveelheid gif wat jaarliks in wingerde gespuit word? En hoe het seemeeue geleer om mossels op die rotse te laat stukkend val om die binnegoed te kan eet?
    26 min
  • 5 Oct 2014
    Het jy al gehoor van 'n seeslak wat bloublasies eet en die se gif stoor om self te gebruik? Wat is die doel van die SKA-projek by Carnavon en watter voordele hou dit vir ons in? En waar kom die miere vandaan wat skielik miershope begin bou op lande waarop nou minimum bewerking toegepas word?
    27 min
  • 28 Sep 2014
    Het jy al kennis gemaak met 'n erd- of draadslangetjie? Hoekom word groot hoeveelhede sand gereeld op die rotslae langs die Suid-Afrikaanse kus gedeponeer om na 'n jaar of twee, oornag te verdwyn en weer 'n kaal rotsagtige kus agter te laat? Wat veroorsaak dat 'n enkele telefoonpaal in die Timbavati 'n aanhoudende gedruis veroorsaak, terwyl daar geen geluid by die ander pale te hoor is nie?
    24 min
  • 21 Sep 2014
    Hoekom word dag- en nagtemperature in grade Celsius aangedui en nie in grade Kelvin nie? Watter dier het die skerpste tande? En hoekom word daar tydens opgrawings groot ronde spoelklippe meer as 'n kilometer vanaf die Eersterivier gevind?
    29 min
  • 14 Sep 2014
    Hoe bekostigbaar is die ontsouting van seewater in Suid-Afrika vir menslike en landbou-gebruik? Hoekom hou sekere hare op die mens se lyf aan groei en ander nie? Waarom is Ermelo op die hoëveld se temperature deesdae gereeld hoër as die van Nelspruit in die laeveld?
    24 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap