Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 31 Aug 2014
    In die Krugerwildtuin staan bergseringbome wat lyk asof hulle in 'n ry op 'n granietrif geplant is. Hoe het hulle daar gekom? Hoe beweeg 'n pootlose akkedis? Wat is die verwantskap tussen akkedisse en slange?
    26 min
  • 24 Aug 2014
    Waarom bou sekere voëls modderneste? Daar is onlangs berig oor 'n dinossourus met vier vlerke wat in China ontdek is. Kon hy werklik met vier vlerke vlieg? Waarom moet 'n mens alle elektroniese toestelle op 'n vliegtuig afskakel as daar geen bewys is dat dit met die navigasiestelsel inmeng nie?
    26 min
  • 17 Aug 2014
    Kan 'n mens volhoubaar suurstof uit water onttrek? Hoe kan 'n mens 'n suksesvolle biosfeer in jou dorpstuin vestig? Kan rotte tonnels onder plaveisel grawe sodat die stene insak?
    24 min
  • 10 Aug 2014
    Op grond waarvan word 'n plant as onkruid geklassifiseer? Hoekom ervaar 'n mens vroegoggend dat die lug op sommige plekke warmer is as op ander plekke? Moet alle haaie voortdurend beweeg om asem te haal? Jurie van den Heever, Bennie Schloms en Piet Eloff beantwoord die vrae.
    24 min
  • 3 Aug 2014
    Was Tafelberg in die oertyd 'n eiland? Kan diere dieselfde emosies as mense ervaar? Wat veroorsaak deinserigheid in die lug? En hoe onderskei 'n mens tussen 'n aardbewing en naskokke?
    26 min
  • 27 Jul 2014
    Hoe gesond is kookolie, en meer spesifiek sonneblomolie? Het jy al ooit gehoor van Kalahari aartappels? En wat veroorsaak dat 'n mens se vel skielik begin jeuk?
    21 min
  • 20 Jul 2014
    Is dit moontlik om die aanteel van Indiese Mynas te beperk? Is dit waar dat 98% van die atome in die menslike liggaam binne 'n jaar vervang word? En hoe groot is die oppervlak wat 'n gemiddelde mens se vel beslaan?
    23 min
  • 13 Jul 2014
    As takbokramme na paartyd hulle gewei verloor, hoekom sien 'n mens dit nie in die veld rondlê nie? Kan 'n albaster 'n kalkaanpaksel op 'n elektriese ketel se element voorkom? Is daar 'n eenvoudige toets om te bepaal of flitsbatterye pap is? En wat veroorsaak kleure in 'n wolk, wat nie soos 'n reënboog lyk nie?
    27 min
  • 6 Jul 2014
    Slaap akwatiese diere ook soos landdiere? Is daar 'n verskil tussen die spoed van lig en die spoed waarteen die brein 'n bevel na 'n liggaamsdeel uitstuur? En hoe word die presiese tyd van sonsopkoms en -ondergang bepaal?
    27 min
  • 29 Jun 2014
    Hoekom het voëls nie saam met dinosourusse uitgesterf nie? En waar pas krokodille in hierdie prentjie in? En is dit waar dat soldate tydens die Eerste Wêreldoorlog urine op 'n sakdoek gebruik het teen die inasem van chloorgas?
    27 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap