Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 22 Jun 2014
    Hoekom broei die eiers waarop 'n luisteraar se duif broei, nie uit nie? Waarom hou lêhenne aan eiers lê sonder om broeis te raak? Is dit moontlik om siektes te diagnoseer met behulp van foto's van die retina?
    26 min
  • 15 Jun 2014
    Is die Chinese beskawing regtig meer as 30 duisend jaar oud? Wat is die verband tussen die spoed van lig en die bepaling van die ouderdom van die aarde? En watter rol speel HDL en LDL in die mens se bloed?
    30 min
  • 8 Jun 2014
    Hoekom kan die menslike oog nie die draaiende lemme van 'n vliegtuig se enjin waarneem nie, terwyl dit wel op 'n foto vasgelê word? Kan aluminiumvensters roes? Is cholesterol werklik die oorsaak van hartsiektes? Chris Swanepoel praat met Jannie Hofmeyr, Hendrik Geyer en Jurie van den Heever wat die vrae beantwoord.
    26 min
  • 1 Jun 2014
    Gee lewende wesens vibrasies af en kan dit gemeet word? Wat veroorsaak verskillende vertikale kleurverskille in die grond in 'n padsnit? Hoekom lyk dit asof 'n potplant later net uit wortels bestaan en asof daar geen grond meer oor is nie? Chris Swanepoel stel die vrae aan die kenners Jurie van den Heever, Bennie Schloms en Piet Eloff.
    29 min
  • 18 May 2014
    Hoekom skuil miere so graag in elektroniese toestelle? Waarom word die Wes-Kaap periodiek in die herfs deur 'n kriekplaag geteister? Hoekom tref 'n mens lemurs in Madagaskar aan, maar nie in Afrika nie? En wat laat 'n ystervark besluit om dorp toe te gaan?
    29 min
  • 11 May 2014
    Word troeteldiere deur ons vibrasies gelok om teen ons te lê? Waar kom molle skielik na 'n lang afwesigheid vandaan? En is dit waar dat 'n bidsprinkaan-mannetjie na paring deur die wyfie opgevreet word?
    29 min
  • 4 May 2014
    Hoekom gaan sekere straatligte soms af wanneer 'n persoon daar verby draf? Watter invloed het voëls op die bewaring van fynbos? En watter gevaar hou die vibrasies van treine en groot vragmotors vir strukture soos die Durbanse hawe in?
    26 min
  • 20 Apr 2014
    Is daar maniere om die akkuraatheid van radio-metriese datering te bepaal? Watter voedselsoorte is ryk aan Omega 3 vetsure? En hoe doeltreffend is Omega 3 aanvullings in pilvorm?
    25 min
  • 13 Apr 2014
    Kan 'n gedroogde bokkom as 'n weervoorspeller gebruik word? Wat is rolwolke? Watter oefening bied die meeste voordele – hardloop of fietsry? En moet jy 'n boom in 'n ronde of 'n vierkantige gat plant?
    25 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap