Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 6 Apr 2014
    Hoekom moet 'n effens na regs mik as jy na 'n teiken reg noord van jou skiet? Hoekom is die verskil tussen hoog- en laagwater tydens springgety groter met donkermaan as wat die geval tydens volmaan is? En hoe akkuraat is die ouderdomsbepaling van rotse met behulp van radio-metriese datering?
    26 min
  • 30 Mar 2014
    Waaruit bestaan 'n vis se reukorgane? Speel muskiete enige nuttige rol in die ekologie? En het jy al gehoor van die slimste spinnekop in die Kalahari?
    25 min
  • 23 Mar 2014
    Hoekom dra sommige katte so graag die blare van krismisrose huis toe? Kan pas gebore verkleurmannetjies dadelik van kleur verander of is dit iets wat hulle moet aanleer? En matter inseklarwe lyk asof dit vol sandkorrels is?
    27 min
  • 16 Mar 2014
    Wat veroorsaak die brand in 'n rissie? Hoe hou 'n vliegtuig se vlerke so 'n swaar voorwerp in die lug? En hoe werk die kloningsproses?
    28 min
  • 9 Mar 2014
    Kan 'n jong byekoningin 'n nuwe nes op haar eie begin? Hoe raak 'n mens van geitjies in die huis ontslae? En hoekom verskil honde en katte se gedrag so radikaal?
    26 min
  • 2 Mar 2014
    Hoekom vreet voëls nie mielies wat deur miere rondgedra is nie? Kom bergskilpaaie natuurlik in die Sederberge voor? En hoe beland 'n monster in 'n kwikkie se nes?
    23 min
  • 23 Feb 2014
    Sal die seevlak met 50% styg as al die ys op aarde smelt? Was dit 'n sikloon wat onlangs tydens die Kaap na Rio wedvaart seiljagte langs die Kaapse Weskus so beskadig het? En hoe kon fossiele van dinosouriërs vir miljoene jare behoue bly, terwyl die veel jonger piramides in Egipte reeds erge verwering toon?
    26 min
  • 16 Feb 2014
    Wat maak dit moontlik om vis slegs met behulp van suurlemoensap, sonder enige hitte, eetgereed te maak? Hoekom flikker liggies in die nag? En hoe het verskillende grondlae, bestaande uit verskillende materiale, in 'n padsnit naby Groot Brak gevorm?
    25 min
  • 9 Feb 2014
    Hoe beland indringer-insekte uit ander vastelande in Suid-Afrika? En hoekom floreer hulle so maklik in hulle nuwe tuiste? Wat veroorsaak dat 'n unieke akkedis-spesie by die Aughrabies Waterval, so gedy dat hulle die digste akkedis-bevolking per vierkante meter ter wêreld vorm?
    26 min
  • 2 Feb 2014
    Kan 'n mens akkurate weervoorspellings maak uit insekte se gedrag? Het jy al ooit van 'n haelkorrelgat-boorder gehoor? En hoe kry 'n reier dit reg om 'n lewende slang in te sluk sonder om gepik te word?
    27 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap