Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
August 18, 201318 Aug 2013Wat veroorsaak dat Halley se komeet in dieselfde baan om die son bly beweeg? Kan ‘n koedoe werklik deur die binnekant van sy horings sien wat bo sy kop aangaan? En watter bydrae lewer beeste en rioolplase tot aardverwarming?...more27minPlay
August 11, 201311 Aug 2013Kan ‘n mens oornag grys word? Hoe word boomsoorte geklassifiseer en verwys die name Boekenhout en Beukehout na dieselfde boom? Hoekom het die Britte en die Russe ná die Tweede wêreldoorlog vliegtuie gebou met twee skroewe agter mekaar op dieselfde as, wat in teenoorgestelde rigtings geroteer het?...more28minPlay
August 04, 20134 Aug 2013Hoekom sukkel ‘n by teen ‘n vensterruit so om die opening te vind? Hoe kry bye dit reg om suikerbekkies by ‘n bottel suikerwater te verwilder? Is dit waar dat verskillende mierspesies oorlog maak, kompleet met ‘n gevegsfront en ‘n bevelspos? En hoekom lê sekere diere eiers, terwyl ander lewenbarend is?...more28minPlay
July 28, 201328 Jul 2013Kan babers in die modder van ‘n droë plaasdam oorleef? Hoe plant toktokkies voort en hoekom tref ‘n mens sekere jare so baie oogspuiters aan? En hoeveel meriete is daar in die Australiërs se aanspraak dat die naam akasia slegs op Australiese bome van toepassing is?...more26minPlay
June 30, 201330 Jun 2013Watter bestandeel in kattekruid maak katte so uitgelate? Hoe het die heel eerste kieme ontstaan? As sommige primate se gene 99% met mense s’n ooreenstem, wat het van die ander 1% geword? En het liggolwe ook ‘n voortplantingsmedium nodig soos klank- en watergolwe?...more26minPlay
June 23, 201323 Jun 2013Is dit moontlik om die verlore stad van die Kalahari met behulp van satellietfoto’s op te spoor? Het die mens se geestelike en kulturele eienskappe gelyklopend met sy fisies-biologiese eienskappe deur evolusie ontwikkel? Wat veroorsaak die sogenaamde sonpilare wat ‘n luisteraar soms met sonsondergang op die Gariepdam waarneem?...more23minPlay
June 16, 201316 Jun 2013Is dit moontlik dat ‘n klip wat by Blombos naby Stilbaai opgetel is, ‘n versteende voet kan wees? Hoekom word troetelvoëls en pluimvee se vlerke gepen en hoe word dit gedoen? En hoe ontstaan ‘n vuur-tornado?...more26minPlay
June 09, 20139 Jun 2013Is dit moontlik dat ‘n boom twee verskillende soorte blare kan hê? Wanneer begin slange hiberneer? En daar is onlangs ‘n nuwe reeks posseëls uitgereik waarop afbeeldings van motte en skoenlappers verskyn. Hoekom is juis hierdie spesifieke spesies gekies?...more28minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.