Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
March 17, 201317 Mar 2013Hoekom het olifante vandag so min hare, terwyl mammoete se lywe met hare bedek was? Het nuwe navorsing oor miere intussen nuwe lig gewerp op Eugéne Marais se bevindings in sy veel geroemde Die siel van die mier. En waaruit bestaan die dieet van berg-gorillas?...more25minPlay
March 10, 201310 Mar 2013As die afstand tussen die aarde en die son die hele dag dieselfde is, hoekom word dit dan koeler teen sononder? Hoe oorleef verkleurmannetjies in uiterste koue op plekke soos Sutherland? En watter bestanddeel in aspersies veroorsaak die kenmerkende skerp reuk in urine?...more26minPlay
March 03, 20133 Mar 2013Hoekom verander die toonhoogte van die geluid wat ‘n metaallepel maak wanneer jy suiker in ‘n glashouer met warm water inroer? Kan ‘n skilpad vanself weer op sy voete kom as hy op sy dop beland het? Dit gebeur gereeld dat wolkmassas uit Botswana oor die Noord-Kaap inbeweeg, maar dan swaai dit Ooswaarts weg sonder om te reën. Hoekom?...more26minPlay
February 24, 201324 Feb 2013Hoe ontstaan fossielbrandstof? En is daar werklik olie in Suid-Afrika of slegs aardgas? Waar kom al die mites oor veral roofvoëls vandaan? En hoekom verskil die klimaat tussen ‘n dorp aan die Suid-Afrikaanse weskus so drasties van ‘n dorp aan die ooskus, hoewel albei op dieselfde breedtegraad lê?...more25minPlay
June 03, 20123 Jun 2012Maak die lang paringsproses van sekere soogdiere, soos wildehonde, hulle nie kwesbaar teen aanvalle van ander roofdiere nie? Hoekom krimp sekere materiale wanneer dit verhit word? Kan die reikwydte van afstandbeheer-toestelle verhoog word deur dit teen jou kop te hou? En waarom word sekere oorgangsfossiele steeds vermis? Dié vrae word beantwoord deur prof. Hendrik Geyer en dr Jurie van den Heever....more29minPlay
May 27, 201227 May 2012Wat is volhoubaarheid uit ‘n bewaringsoogpunt? Kan ‘n mens ‘n ligstraal deur ‘n geitjie se ore waarneem? Wat is ‘n sweepspinnekop?...more26minPlay
May 20, 201220 May 2012Is die Chinese die talrykste en mees verspreide bevolkingsgroep in die wêreld en het hulle dieet iets daarmee te doen? Hoe kry die tingerige huiskriek dit reg om so hard te raas? Wat veroorsaak 'n verharding in papino's? En dan word daar ook gesels oor luisteraarsreaksie op die versoek dat hulle moet laat weet of hulle al gesien het dat kraaie lammers se oë uitpik....more27minPlay
May 13, 201213 May 2012Watter nut hou duur navorsing oor versonke stede en lewe in die ruimte vir die mensdom in? Hoe rym die koue winters in die noordelike halfrond met aardverwarming? Is die maan ‘n primêre of sekondêre ligbron? En hoekom voel 15º Celsius in die dag kouer as 15º in die nag?...more28minPlay
May 06, 20126 May 2012Kan mense, veral vissermanne, uit seevoëls se gedrag agterkom of daar ‘n weersverandering aan die kom is? Is die jarraboom ‘n bloekomsoort? Watter harde houtsoorte word in Suider-Afrika aangetref?...more28minPlay
April 29, 201229 Apr 2012Is daar paddas wat teen ‘n muur kan uit klouter? Hoe lank kan brulpaddas tydens droogtes onder die grond oorleef? Kan diere oor ‘n gestorwe maat rou?...more27minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.