Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 22 Apr 2012
    Watter gevaar hou windturbines vir voëls in? En wat van vlêrmuise wat oor eggo-lokasie beskik? Sal voëls verkleurmannetjies se oë uitpik? En is daar tasbare bewyse dat kraaie lammers se oë uitpik?
    27 min
  • 15 Apr 2012
    Kan ‘n mens omlope kry deur te veel te was? Is mense met blou oë se sig swakker as dié met bruin oë? Kan ‘n mens lig met behulp van spieëls versterk? Kan die magneetvelde by die pole verantwoordelik wees vir ‘n verhoogde voorkoms van kanker?
    27 min
  • 8 Apr 2012
    Hoekom bly boomstamme vir jare behoue nadat daar ‘n groot opgaardam om hulle gebou is? Is die feit dat bloekombome al hulle bas in die herfs verloor ‘n teken van ‘n goeie reënjaar? En watter tekens is daar in die natuur dat daar ‘n weer- of klimaatsverandering in aantog is?
    27 min
  • 1 Apr 2012
    Indien twee giftige slange baklei en mekaar raak pik, sal hulle vrek van die gif? Waar kom die uitheemse perdebye vandaan wat tans so ‘n groot bedreiging vir ons inheemse heuningbye inhou? En hoekom is Australië se inheemse diere so uniek?
    26 min
  • 25 Mar 2012
    Kan voëls agteruit beweeg? Hoekom sing kanaries nie wanneer hulle verveer nie? Kwaak paddas dwarsdeur die jaar? Hoekom trek die witgatskoenlapper tydens die somer altyd ooswaarts?
    27 min
  • 18 Mar 2012
    Wat veroorsaak die brand in ‘n rissie? Hoe hou ‘n vliegtuig se vlerke so ‘n swaar voorwerp in die lug? En hoe werk die kloningsproses?
    28 min
  • 11 Mar 2012
    Het jy al gehoor van visgrate in ‘n pou se boud? Wat veroorsaaak kleurblindheid? En is die aarde besig om al stadiger om sy eie as te roteer?
    28 min
  • 4 Mar 2012
    Hoekom kan ‘n mens jouself nie kielie nie? Is die sand van die Sandveld besig om sagter te word? Waarom dou dit saans op sekere voorwerpe, terwyl ander droog bly? En waarom kry sekere waterbronne, veral in die Wes-Kaap, in die somermaande ‘n vreemde reuk?
    27 min
  • 26 Feb 2012
    Kan ‘n mens werklik ondergrondse water met ‘n mikstok opspoor? Wat behels spesiasie in die diereryk? Hoekom lyk die son en die maan groter by opkoms as wat dit later in die dag of nag lyk?
    28 min
  • 19 Feb 2012
    Hoekom maak insekte gebruik van kamoeflering, advertensie en nabootsing? Hoeveel vlieë moet ‘n akkedis op een dag vang om te oorleef? En hoekom het Suid-Afrika nie olie nie?
    28 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap