Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 12 Feb 2012
    Hoekom het mense nie van nature blou of groen hare nie? Hoekom tref ‘n mens duisendpote in die huis aan, en hoe kan ‘n mens van hulle ontslae raak? Is ‘n likkewaan ‘n akkedis?
    28 min
  • 5 Feb 2012
    Hoekom gaap ‘n mens as jy vaak of verveeld is? En is dit aansteeklik? Wat is die verskil tussen stabiele en onstabiele lug? En dan het ‘n luisteraar ‘n gesteente langs die Vaalrivier opgetel wat lyk soos ‘n versteende mond met tande.
    26 min
  • 29 Jan 2012
    Volgens ‘n ruimtefoto is daar ‘n meteorietkrater in Noordwes. Kan dit wees? Is daar enige verwantskap tussen dinosouriërs en voëls? En wat veroorsaak soms ‘n sirkel om die son?
    26 min
  • 22 Jan 2012
    Hoe werk swaartekrag? Waarom kan bye nie oor ‘n groot wateroppervlak vlieg nie? Wat veroorsaak dat Teflon aan ‘n pan vaskleef? En was die vulkaniese uitbarsting van Krakatoa dalk daarvoor verantwoordelik dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See kon trek?
    27 min
  • 15 Jan 2012
    Hoekom ruis ‘n ketel sodra die water begin warm word? Is gruisgroewe ‘n bedreiging vir fossiel-navorsing, of kan die twee mekaar aanvul? En hoekom bly aartappels en patats langer warm as ander kossoorte in dieselfde bak?
    28 min
  • 8 Jan 2012
    Watter paddaspesie se paddavissies is deurskynend? Kan 'n by aangeklam raak van sjerrie? En hoekom raak slange nie aggressief wanneer daar foto’s van hulle geneem word nie?
    26 min
  • 1 Jan 2012
    Hoe groot is ‘n voorstedelike mier-kolonie? Hoekom neem kat- en hondehare so lank om afgebreek te word? Loop ‘n skilpad gevaar om te veel water te verloor as ‘n mens hom knaend optel? En aan watter familie behoort ‘n metaalkleurige muskiet?
    24 min
  • 18 Dec 2011
    Kan dit reën sonder dat daar ‘n koue of ‘n warm front teenwoordig is? Wat veroorsaak ‘n onderstebo reënboog? En hoe het die kruis en dwars strepe in die veld ontstaan wat ‘n mens noord van Carnavon uit die lug sien? Die gaste is Bennie Schloms en Piet Eloff.
    23 min
  • 11 Dec 2011
    Wat veroorsaak die brul-geluid wat sandduine in die Noord-Kaap maak? En kom hierdie verskynsel slegs daar voor? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoe vertolk ‘n mens die lyne wat isobare op weerkaarte aandui? En hoe verskil dit van kontoerlyne op ‘n kaart?
    28 min
  • 4 Dec 2011
    Hoekom het dinosourusse sulke lang nekke gehad? En hoe het hulle harte dit reg gekry om die brein van bloed te voorsien? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoekom stink die blomme van sekere plante so erg?
    28 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap