Hoe verklaar jy dit?

Hoe verklaar jy dit?

By RSGScience
Download on the App Store

Hoe verklaar jy dit? episodes

  • 18 Aug 2013
    Wat veroorsaak dat Halley se komeet in dieselfde baan om die son bly beweeg? Kan ‘n koedoe werklik deur die binnekant van sy horings sien wat bo sy kop aangaan? En watter bydrae lewer beeste en rioolplase tot aardverwarming?
    27 min
  • 11 Aug 2013
    Kan ‘n mens oornag grys word? Hoe word boomsoorte geklassifiseer en verwys die name Boekenhout en Beukehout na dieselfde boom? Hoekom het die Britte en die Russe ná die Tweede wêreldoorlog vliegtuie gebou met twee skroewe agter mekaar op dieselfde as, wat in teenoorgestelde rigtings geroteer het?
    28 min
  • 4 Aug 2013
    Hoekom sukkel ‘n by teen ‘n vensterruit so om die opening te vind? Hoe kry bye dit reg om suikerbekkies by ‘n bottel suikerwater te verwilder? Is dit waar dat verskillende mierspesies oorlog maak, kompleet met ‘n gevegsfront en ‘n bevelspos? En hoekom lê sekere diere eiers, terwyl ander lewenbarend is?
    28 min
  • 28 Jul 2013
    Kan babers in die modder van ‘n droë plaasdam oorleef? Hoe plant toktokkies voort en hoekom tref ‘n mens sekere jare so baie oogspuiters aan? En hoeveel meriete is daar in die Australiërs se aanspraak dat die naam akasia slegs op Australiese bome van toepassing is?
    26 min
  • 30 Jun 2013
    Watter bestandeel in kattekruid maak katte so uitgelate? Hoe het die heel eerste kieme ontstaan? As sommige primate se gene 99% met mense s’n ooreenstem, wat het van die ander 1% geword? En het liggolwe ook ‘n voortplantingsmedium nodig soos klank- en watergolwe?
    26 min
  • 23 Jun 2013
    Is dit moontlik om die verlore stad van die Kalahari met behulp van satellietfoto’s op te spoor? Het die mens se geestelike en kulturele eienskappe gelyklopend met sy fisies-biologiese eienskappe deur evolusie ontwikkel? Wat veroorsaak die sogenaamde sonpilare wat ‘n luisteraar soms met sonsondergang op die Gariepdam waarneem?
    23 min
  • 16 Jun 2013
    Is dit moontlik dat ‘n klip wat by Blombos naby Stilbaai opgetel is, ‘n versteende voet kan wees? Hoekom word troetelvoëls en pluimvee se vlerke gepen en hoe word dit gedoen? En hoe ontstaan ‘n vuur-tornado?
    26 min
  • 9 Jun 2013
    Is dit moontlik dat ‘n boom twee verskillende soorte blare kan hê? Wanneer begin slange hiberneer? En daar is onlangs ‘n nuwe reeks posseëls uitgereik waarop afbeeldings van motte en skoenlappers verskyn. Hoekom is juis hierdie spesifieke spesies gekies?
    28 min

About Hoe verklaar jy dit?

From the publisher's feed

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap