Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.
June 02, 20132 Jun 2013Hoekom sien ‘n mens deesdae so baie kwikstertjies met een misvormde pootjie? Hoe kry reënpaddas langs die dorre Kaapse en Namibiese Weskus dit reg om te oorleef sonder water? En hoe kry miere dit reg om iets soos ‘n koringkriek of ‘n skerpioen by die klein gaatjie van hulle nes in te dra?...more27minPlay
May 26, 201326 May 2013Kan die kole van wingerdstokke wat met onkruid- en insekdoder behandel is, skadelik wees as ‘n mens daarmee vleis braai? Hoe akkuraat is die meting van afstande in die ruimte met behulp van teleskope? En hoekom word daar gesê die Wes-Kaap het ‘n Meditereense klimaat as dit so ver van die Middelandse see geleë is?...more26minPlay
May 19, 201319 May 2013Waaruit bestaan kameelperde se horings en hoekom is daar klossies hare aan sommige se horings? Wat sou die oorsaak wees van ‘n kring om die son en twee ronde kolle weerskante daarvan, wat ‘n luisteraar in Thailand waargeneem het? En wat is die verband tussen tyd en ruimte?...more27minPlay
May 12, 201312 May 2013Hoekom word die aarde nie groter as die vastelande uitmekaar beweeg nie? Hoe ver beweeg ons per dag deur die ruimte as die aarde om sy eie as beweeg? En op grond waarvan is die Suid-Afrikaanse geoloog, Alexander du Toit, vroeg in die vorige eeu internasionaal vereer?...more28minPlay
May 05, 20135 May 2013Hoekom is daar ‘n afname in die voëlbevolking in stedelike gebiede? Wat veroorsaak die kleurverskil tussen nat en droë grond? En wat is die verskil tussen weerverskynsels soos tropiese siklone, tifone, tornado’s en orkane?...more29minPlay
April 21, 201321 Apr 2013Hoekom dolwe olyflysters potplante se grond so om? As die mens die meeste van sy hare deur evolusie verloor het, wat is dan die funksie van die oorblywende hare? En is dit normaal om seemeeue kilometers van die see aan te tref?...more28minPlay
April 14, 201314 Apr 2013Watter skilpadspesie in Suid-Afrika is die kleinste? Hoe sal die kleintjies van ‘n Albino-ystervark en ‘n gewone ystervark lyk? En LED-ligte is daarvoor bekend dit baie min krag gebruik. Hoekom word dit dan nie meer algemeen in Suid-Afrika gebruik nie?...more25minPlay
April 07, 20137 Apr 2013Is dit waar dat kamele die enigste soogdiere is waarvan die rooibloedselle oor selkerne beskik? Hoe veilig is Suid-Afrika se waterbronne vir stappers? En wat is die verskil tussen die weerverskynsels El Niño en La Niña?...more24minPlay
March 31, 201331 Mar 2013Wat veroorsaak stroke seewater van verskillende kleure, wat klaarblyklik nie meng nie? Is die pas afgelope warm, droë somer in die suidweste van Namibië die gevolg van El Niño? En is die Amerikaanse vlag wat in 1969 op die maan geplant is steeds daar?...more26minPlay
March 24, 201324 Mar 2013As dit waar is dat die mens eeue gelede ‘n harige pels gehad het, hoekom het hy dit verloor? Watter gevare hou die voer van wilde diere, waaronder ‘n dassie-kolonie op Mosselbaai, vir mens en dier in? En wat vreet ‘n baba-bidsprinkaan?...more25minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit?:How many episodes does Hoe verklaar jy dit? have?The podcast currently has 722 episodes available.