Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi):How many episodes does Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi) have?The podcast currently has 188 episodes available.
November 20, 2016Hoe verklaar jy dit?Hoekom dra 'n mannetjieskat herhaaldelik 'n klein katjie uit 'n werpsel weg? Kan kwantum-meganika 'n rol speel in afstandsheling? Suurlemoensap is nie alkalies nie, maar kan dit deur die metaboliese prosesse van liggaam in 'n alkalie verander word?...more24minPlay
November 13, 2016Hoe verklaar jy dit?Hoekom maak die ysterklip in die suidooste van Namibië geluide van verskillende toonhoogtes as 'n mens dit teen mekaar kap? Hoe sou dit die seisoene beïnvloed het as die aarde nie teen 23 grade gekantel was nie? Hoekom beskadig sneeu nie plante soos wat die geval met ryp is nie? En hoe gaan 'n entemoloog te werk om 'n “dierasie” aan die hand van 'n skets en 'n volledige beskrywing van 'n luisteraar te identifiseer?...more22minPlay
November 06, 2016Hoe verklaar jy dit?Hoekom vorm 'n potplant aanhoudend waterdruppels aan die blare se punte? Hoe kry 'n bosluis dit reg om deur 'n mens of dier se vel te dring? Hoe 'n kan 'n mens 'n bosluis veilig van jou liggaam verwyder? En watter bydra kan entrepreneurs lewer om die platteland se ekonomie te verstewig?...more29minPlay
October 30, 2016Hoe verklaar jy dit?Hoe kry 'n verkleurmannetjie dit reg om sy tong so vining en akkuraat uit te skiet om sy prooi te vang? Hoekom slaap sommige voëlspesies saam in groepe? En hoekom is die vroulike boesem slegs by die mens permanent vergroo,t selfs al is sy nie besig om te borsvoed nie?...more27minPlay
October 23, 2016Hoe verklaar jy dit?Kan siektes oor 'n afstand genees word? Wat het aanleiding gegee tot die ontstaan van 'n skilpad se dop? En kan gekonfiskeerde drank nie beter benut word as om dit in rioolstelsels te stort nie?...more25minPlay
October 16, 2016Hoe verklaar jy dit?As die water in die see aanvanklik vars was, waar het die sout vandaan gekom? En as dit eers later sout geword het, hoe het dit die lewe in die see beïnvloed? Wat is 'n bloublasie, en waarmee behandel 'n mens die brandplekke van bloublasies?...more25minPlay
October 09, 2016Hoe verklaar jy dit?Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?...more23minPlay
October 02, 2016Hoe verklaar jy dit?Hoekom is die letters op 'n tikmasjien of rekenaar se toetsbord nie in alfabetiese volgorde nie? Waarom is groot gedeeltes naby Augrabies die afgelope paar jaar onder skadunet geplaas? En watter rol speel die ontwikkeling van tegnologie en meganisasie in toenemende verstedeliking?...more25minPlay
September 18, 2016Hoe verklaar jy dit?Wanneer en hoe het lewe op aarde ontstaan? Hoe het die ravyn onder die Augrabies-waterval ontstaan? En wat verhoed dat die ravyn nie deur water-erosie al dieper die binneland in gekerf word nie?...more28minPlay
September 11, 2016Hoe verklaar jy dit?Kan 'n mens kannibaal-rotte teel om 'n rotplaag onder beheer te bring? Hoekom word daar so baie akkedisse by die Augrabies-waterval aangetref? En wat is die verskillende ontstaansredes vir dorpe?...more27minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi):How many episodes does Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi) have?The podcast currently has 188 episodes available.