Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi):How many episodes does Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi) have?The podcast currently has 188 episodes available.
December 16, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoe beland 'n visfossiel in 'n Sandklip-skeur in die omgewing van Bethlehem? Is dit moontlik dat 'n lewende padda binne in 'n rotsbal gevind kan word? Hoekom is 'n kameelperd se nek so lank, en hoevel nekwerwels het hy? En hoekom reageer kraaie aggressief teenoor 'n persoon wat bo-op die Hillbrowtoring werk?...more0minPlay
December 09, 2018Hoe verklaar jy dit?Navigeer muskiete op klank, lig, velreuk of koolsuurgas? Hoekom sit watervoëls net op sekere damme? Kry 'n mens krappe langs die Weskus? En kan paddas van kleur verander en in bome klim?...more0minPlay
October 07, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoekom spin 'n kat? Hoe beïnvloed massa die tempo waarteen tyd verloop? En kan 'n mens ovaria of eierstokke oorplant?...more0minPlay
September 30, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat is 'n gonna of 'n krompokkel? Wat kan 'n mens doen aan 'n avokadopeerboom wat baie blomme het, maar omtrent geen vrugte dra nie? Waar het rooivalke oornag voordat hoë geboue en groot uitheemse bome soos bloekoms en dennebome in Suid-Afrika verskyn het? Wat is die nut van bloudissels?...more0minPlay
September 23, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat kan gedoen word duiwe se getalle in stede te beperk? En wat veroorsaak dat so baie van hulle probleme met hulle pote het? Wanneer 'n mens op klam sand op die strand stap, is jou voetspoor aanvanklik droog voordat daar water insypel, wat kort daarna weer verdwyn. Hoe verklaar 'n mens dit? Het die Kougarivier in die Oos-Kaap baie lank gelede direk in die see uitgemond voordat die loop daarvan verander het om by die Gamtoosrivier aan te sluit?...more0minPlay
September 16, 2018Hoe verklaar jy dit?Beteken 'n prominente boggel aan 'n mens se agterkop dat jy Neanderdal-voorsate het? Hoe weet miere dat hulle slegs die heuningdou-druppel wat plantluise uitskei, moet gebruik en nie die plantluis ook moet opvreet nie? Hoekom hou die hare op 'n mens se kop aan met groei, terwyl die ander liggaamshare slegs tot 'n bepaalde lengte groei?...more0minPlay
September 09, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat is die verskil tussen kapok en sneeu? Hoe kry 'n vlieg dit reg om teen 'n motorruit vas te klou teen die suigkrag van 'n stofsuier? Hoekom kry sekere mense dit reg om voorwerpe soos walvisse in die see maklik raak te sien, terwyl ander selfs met aanwysings, sukkel om dit te sien?...more0minPlay
September 02, 2018Hoe verklaar jy dit?Hoe het Kepler dit reggekry om sy ingewikkelde berekenings oor planetêre beweging met behulp van die Romeinse getalle-stelsel te doen? Is dit moontlik om die swaartepunt van 'n voertuig laer te maak deur die wiele buitekant die bakwerk te monteer? Waar kom die tonne waaisand vandaan wat tydens die onlangse droogte uit Wes-Kaapse opgaardamme gewaai is?...more0minPlay
August 26, 2018Hoe verklaar jy dit?Is die melk in 'n vyeboom se hout giftig, of kan 'n mens dit gebruik om vleis te braai? Is dit moontlik om 'n werkende eko-verkoeler van 2 liter koeldrankbottels waarvan die boom afgesny is, te maak? Hoe is dit moontlik dat 'n radys vir 'n paar jaar ongeveer 50 cm diep in 'n komposhoop sonder enige verotting of skade behoue kan bly?...more0minPlay
August 19, 2018Hoe verklaar jy dit?Wat kan 'n mens doen om voëls na jou tuin te lok? Watter chemise veranderinge ondergaan 'n ui tydens die gaarmaakproses, sodat dit nie meer jou oë laat brand nie? Hoe werk 'n induksiestoof, en kan 'n mens slegs magnetiese kookgerei daarop gebruik?...more0minPlay
FAQs about Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi):How many episodes does Hoe verklaar jy dit? (RSG potgooi) have?The podcast currently has 188 episodes available.