#HoeNou?!

#HoeNou?!

By Maroela MediaEducation
Download on the App Store

#HoeNou?! episodes

  • Wat het Marilyn Monroe en Kojak gemeen?
    Watter een pas nie in hierdie rytjie nie: algoritme, diesel, koper, nikkel? En wat het hierdie klomp almal met mekaar gemeen: eggo, narsisme, hipnose, morfien? Su-an en Gerhard ontrafel dié twee raaisels, plus nog vele meer. Meer oor die podsending
    14 min
  • Hoe maak jy melkkos?
    Een van die oudste, tradisioneel Suid-Afrikaanse geregte is sekerlik melkkos – daardie heerlike, dik melkgereg wat op koue wintersaande met pypkaneel en suiker bedien word. Maar melkkos is eintlik al duisende jare oud ... Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering nie net oor melkkos nie, maar stel ook ʼn heerlike, tradisionele resep beskikbaar. Meer oor die podsending
    12 min
  • Waar kom planete se name vandaan?
    In Suid-Afrika is daar spesiale kommissies wat besluit oor die name van plekke. Maar het jy al ooit gewonder wie besluit wat die name van sterre en planete is? Su-an en Gerhard praat oor die name van enkele planete en waar dié name vandaan kom. Meer oor die podsending
    14 min
  • Oor pizza en pasta
    'n Mens kry drie soorte mense: pizza-eters, pasta-eters en mense op 'n dieet. Want pizza en pasta is wêreldwyd sekerlik van die gewildste kitskos (en trooskos). Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van dié twee kossoorte en waar hulle name vandaan kom. Meer oor die podsending
    16 min
  • Oor sterre en planete
    Het jy al ooit gewonder watter planeet is eerste ontdek? En watter planeet is die onlangsste ontdek? Su-an en Gerhard gesels oor die son, die maan en die sterre ... en al die planete tussenin. Meer oor die podsending
    15 min
  • Om lepel in die dak te steek
    Het jy al gewonder waar kom alledaagse gebruiksartikels soos messe, vurke en lepels vandaan? Wanneer het mense byvoorbeeld vir die eerste keer lepels begin gebruik? Su-an en Gerhard gesels oor dié kwessies, asook oor die woorde “lepel” en “spoon”. Meer oor die podsending
    11 min
  • Hoekom is polonie pienk?
    Die 2018-listerioseuitbreking onder polonie-eters is dalk al lank vergete onder die meeste mense. Polonie is en bly een van die gewildste en goedkoopste vleissoorte in Suid-Afrika. Gerhard vertel vir Su-an waar die woord vandaan kom en hoekom polonie pienk is. Meer oor die podsending
    14 min
  • Hoekom is borde rond?
    Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor bord, pottebakkerswerk, keramiek, erdewerk, steengoed, porselein en eetware. Meer oor die podsending
    12 min
  • Waar kom "nè" vandaan?
    Sukkel jy ook altyd om te onthou of die strepie op sommige klinkers nou dié kant toe of daardie kant toe moet lê? In kort, ken jy die verskil tussen die gravis- en die akuutteken? Su-an en Gerhard help jou om dit te onthou en vertel ook waar die woordjie “nè” vandaan kom. Meer oor die podsending
    15 min
  • Oor kanseliers en rektors
    Wat het ʼn rektor, lektor en doktor met mekaar gemeen? Behalwe dat hulle almal verbonde aan ʼn universiteit is, deel hulle ook ʼn interessante oorsprong. Gerhard vertel vir Su-an waar hierdie woorde vandaan kom en hoe hulle van mekaar verskil. Meer oor die podsending
    15 min

About #HoeNou?!

From the publisher's feed

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied…