Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied... more
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.
December 17, 2021Wat is die verskil tussen idiome en gesegdes?Is “so bang soos die duiwel vir ʼn slypsteen” ʼn idioom of ʼn spreekwoord? Of is dit dalk ʼn gesegde? Wat is die verskil tussen al hierdie verskillende kruie en speserye van taal? Gerhard verduidelik vir Su-an; daarna moet sy ʼn mondelinge eksamen aflê. Kan jy haar klop? Meer oor die podsending...more13minPlay
December 10, 2021Oor Worcestershire en monkey glandʼn Ou bekende, eg Suid-Afrikaanse staatmaker in enige steakrestaurant, is kruiderysous – beter bekend as monkey gland-sous. Een van die kernbestanddele van dié lekkerny, is worcestershiresous. Su-an en Gerhard verken die herkoms van dié twee souse. Meer oor die podsending...more12minPlay
December 03, 2021Oor doktore en lektoreDie persepsie bestaan soms dat universiteitsmense vreeslik gesteld is op hulle titels, terwyl ander mense nie ʼn snars omgee oor die verskil tussen ʼn lektor en ʼn dosent, of tussen ʼn professor en ʼn doktor nie. Su-an en Gerhard gesels oor universiteitsberoepe, -poste, -titels en -aanspreekvorme. Meer oor die podsending...more15minPlay
November 26, 2021Waar kom "mos" vandaan?As daar mos nou een woord in Afrikaans is wat hoegenaamd nie maklik in Engels vertaal kan word nie, is dit die woord “mos”. Su-an en Gerhard het na die oorsprong van dié veelsydige Afrikaanse woord gaan soek. Meer oor die podsending...more12minPlay
November 19, 2021Hoekom het ons neusmukus?Party mense sê ʼn mens mag nie in ordentlike geselskap jou neus snuit nie, laat staan nog snuif. Maar wat nou gemaak as die vog in jou neus wil uit? Wat doen jy dan? Su-an en Gerhard klets oor ʼn potensieel taai en onooglike onderwerp: neusslym. Meer oor die podsending...more13minPlay
November 12, 2021Wat is die duiwel se oorkussing?Wat het jy geleer is die duiwel se oorkussing? Nuuskierigheid? Ledigheid? Luiheid? En waarvoor is die duiwel bang? Vir ʼn knapsak, aambeeld of slypsteen? Speel saam met Su-an, terwyl Gerhard haar idioomkennis op proef stel. Meer oor die podsending...more12minPlay
November 05, 2021Waar kom katjiebotter vandaan?Hoe gereeld eet jy en jou gesin heerlike toebroodjies met grondboontjiebotter en stroop? Of het dit ʼn taboe geword in ons gesondheidsbewuste samelewing? Hoe dan ook, Su-an enGerhard praat oor die oorsprong van grondbone en grondboontjiebotter. Meer oor die podsending...more14minPlay
October 29, 2021Hoekom nies 'n mens?Is jy een van daardie mense wat hard en duidelik nies, of onderdruk jy jou nies so goed as moontlik? Het jy geweet dat dit gevaarlik kan wees om jou nies te onderdruk? Su-an en Gerhard verken enkele mites en waarhede oor nies. Meer oor die podsending...more14minPlay
October 22, 2021Oor strooijonkers en blommemeisiesIn tradisionele troues is die bruidsgevolg uitgebreid: van die ouers van die bruid en bruidegom, tot die strooimeisies en strooijonkers, blommemeisies en hofknapies. Is daar ʼn rede vir so ʼn groot gevolg? Su-an en Gerhard maak troupraatjies en verklap waarom bruidsmeisies eintlik almal soos die bruid moet lyk. Meer oor die podsending...more14minPlay
October 15, 2021Oor bruide en bruidegommeOm verloof te raak en voor die wet te trou, is ʼn kulturele gewoonte wat in Antieke Egipte ontstaan het. Su-an en Gerhard verken in hierdie episode die herkoms van twee van die belangrikste deelnemers aan ‘n troue: die bruid en bruidegom. Meer oor die podsending...more11minPlay
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.