Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied... more
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.
May 21, 2021Om te lieg soos ’n almanakWeet jy hoe vertaal ons “like a bull in a China shop” in Afrikaans? Of wat dit beteken as iemand vir jou sê jou Saterdag is langer as jou Sondag? Of hoekom sê ons iemand lieg soos ʼn almanak? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van 'n hand vol Afrikaanse idiome. Su-an en Gerhard gesels oor 'n paar hiervan, asook waar enkeles vandaan kom. Meer oor die podsending...more13minPlay
May 14, 2021Oor kerrievis en paasbolletjiesHerfstyd in Suid-Afrika bring eiesoortige geregte na ons tafels: gestoofde kwepers en vla; ligte soppe met seisoenale sampioene; konyn- of wildsvoëlpasteie. Dit is ook ʼn tyd wat veral geassosieer word met ingelegde kerrievis, maar wêreldwyd ook met paasbolletjies. Su-an en Gerhard gesels oor waar dié twee geregte vandaan kom. Meer oor die podsending...more13minPlay
May 07, 2021Oor die bekendste “star-crossed lovers” ooitDie liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, soos die vele verhale van gedoemde paartjies in die literatuur getuig: Romeo en Juliet, Lancelot en Guinevere, Tristan en Isolde, en Mark Anthony en Cleopatra. Su-an en Gerhard praat oor waar die uitdrukking “star-crossed lovers” vandaan kom, en hoe ons vandag maklik die Engels van Shakespeare verkeerd kan verstaan. Meer oor die podsending...more15minPlay
April 30, 2021Wie was Don Juan en Casanova?Daar is baie Afrikaanse woorde vir mans wat rokjagters is, soos “casanova”, “don juan”, “gigolo”, “pierewaaier” en “haantjie”. Maar wat noem ons die vroulike teenhanger van ʼn rokjagter? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van al hierdie woorde en soek saam-saam na ʼn geslagsneutrale term. Meer oor die podsending...more14minPlay
April 23, 2021Oor die bekendste en oudste liefdesverhale ooitEendag, lank, lank gelede, het iemand vir die eerste keer ʼn liefdesprokie geskryf. Raai watter een was dit?! Die Slapende Skoonheid, Sneeuwitjie, Aspoestertjie ...? Watter een is jou gunsteling? Su-an en Gerhard gesels oor die oudste liefdesverhaal wat al die meeste kere in die geskiedenis opgeteken is. Meer oor die podsending...more13minPlay
April 16, 2021Dink jy met jou kop of jou hart?Voel ʼn mens liefde en ander emosies in jou hart of in jou brein? Logika sê vir ons dit móét in ons breine wees, maar hoekom sê jy dan jou hart is séér? Su-an en Gerhard gesels oor waar die idee vandaan kom dat ons emosies – en veral die liefde – in ons harte geleë is. Meer oor die podsending...more12minPlay
April 09, 2021Waar kom jogurt en maaskaas vandaan?Melk en melkprodukte is deel van baie mense se stapelvoedsel – van botter en jogurt, tot al die verskillende soorte kaas. Maar weet jy wat die verskil tussen joghurt en kaas is, hoe waardevol wy is, of dat die woord “maaskaas” deels van Zoeloe af kom? En dan het ons nog nie eers gepraat van al die idiome wat met melk te make het nie! Kom hoor wat raak Su-an en Gerhard kwyt oor suiwel en ander (on)suiwelhede. (Wees gewaarsku: jou mond mag dalk water!) Meer oor die podsending...more13minPlay
April 02, 2021Wie was Jan en Jack?Hoeveel uitdrukkings ken jy met die woord “Jan” of “Jack” in? Waarom kom hierdie name só gereeld as woorde en idiome voor in ons taal en kultuur? Su-an en Gerhard gesels oor wie dié Jan en Jack nou eintlik was en kom agter die herkoms gaan ver terug in die tyd. Meer oor die podsending...more12minPlay
March 26, 2021Oor die woorde "herfs" en "lente"Al ooit gewonder waar kom die name “herfs” en “lente” vandaan? Dink jy dit het dieselfde herkoms as “autumn” en “spring”? Kom vind uit wat seisoenname met die kerk en wyn te make het, en raak saam met Gerhard en Su-an nostalgies oor die belangrike rol van seisoensveranderinge. Meer oor die podsending...more11minPlay
March 19, 2021Om iemand 'n toffie te drukOns almal ken toffies, maar dié arme lekkerny het iewers in die geskiedenis ʼn negatiewe konnotasie gekry. Sommige mense dink die sogenaamde toffieteken is erg aanstootlik, terwyl ander dit heel neutraal en onskuldig vind. Su-an en Gerhard speur die oorsprong van die handgebaar na en ondersoek die verskillende wyses waarop Afrikaanssprekendes die teken en verbandhoudende uitdrukkings gebruik/misbruik. Meer oor die podsending...more13minPlay
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.