Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied... more
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.
October 08, 2021Hoekom drink ons heildronke?By troues en ander feeste drink ons graag ʼn heildronk op iemand. Maar wat het “dronk” met “heildronk” te make, en waarom sê ons “gesondheid” terwyl ons ‘n glasie klink? Meer oor die podsending...more14minPlay
October 01, 2021Wat is die "malva" in malvapoeding?Maak jou ma of jou skoonma die beste malvapoeding? Eet jy ooit in ʼn restaurant malvapoeding, of is dit eintlik heiligskennis? En wat van malvalekkers? Moet dit die gewones wees, daai met die gebakte klapper om? Su-an en Gerhard gesels oor die “malva” in “malvapoeding” en “malvalekkers”. Meer oor die podsending...more15minPlay
September 24, 2021Waarom dra bruide wit?In Westerse kulture word daar meestal in wit trourokke getrou, maar dit was nie altyd so nie. Su-an en Gerhard gesels oor verskillende kulture se trougewoontes en waar die wit trourok vandaan kom. Meer oor die podsending...more11minPlay
September 17, 2021Waar kom shiraz vandaan?Wat is jou gunstelingrooiwynsoort? Iets Frans soos shiraz, of dalk ʼn Argentynse malbec? Of wat van ʼn eg Suid-Afrikaanse pinotage? Kom klink ʼn glasie saam met Su-an en Gerhard, terwyl hulle gesels oor die herkoms van shiraz en pinotage. Meer oor die podsending...more13minPlay
September 10, 2021Oor troupande en troupanteDie troupant is ʼn wonderlik veelkleurige voël wat inheems aan Afrika is. As jy Krugerwildtuin toe gaan, sal jy hulle dikwels in die droeër mopaniegrasvelde aantref. Maar hoekom skryf ons “troupant” met ʼn ⟨t⟩, terwyl ʼn trouring – wat ook ʼn “troupand” genoem word – met ʼn ⟨d⟩ geskrywe word? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van die voëlnaam en oor die onderskeid. Meer oor die podsending...more13minPlay
September 03, 2021Oor witvoetjie en skobbejakAs jy witvoetjie by ʼn skobbejak sou soek, sou jy die guns van ʼn ongunstige persoon wou wen. Maar waar kom hierdie woorde vandaan, en het hulle iets met mekaar gemeen? Kom ons delf dieper in ons interessante taal saam met Su-an en Gerhard. Meer oor die podsending...more13minPlay
August 27, 2021Wat is die verskil tussen poeding en nagereg?Praat jy van malvapoeding of malvanagereg? Wat is die verskil tussen poeding en nagereg? Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor die herkoms van dié twee woorde en hoe hulle van mekaar verskil. Meer oor die podsending...more12minPlay
August 20, 2021Oor kwêla, kwaito en ander dansmusiekAs jy ʼn klomp mense gelukkig wil maak, gee vir hulle musiek en laat hulle dans – veral Suid-Afrikaners – en die verskeidenheid onder ons reënboog is legio! Kom luister wat Su-an en Gerhard te sê het oor eg Suid-Afrikaanse danssoorte soos kwêla, kwaito, bokjol en sokkie. Meer oor die podsending...more14minPlay
August 13, 2021Wat is die oudste dans in Suid-Afrika?Dans is waarskynlik so oud soos die mensdom self, indien nie ouer nie. Maar wat is die oudste dansvorm wat in Suid-Afrika bestaan. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering ook oor hoe dans in die menslike brein geprosesseer word. Meer oor die podsending...more14minPlay
August 06, 2021Hoekom dans mense?Of jy nou dans met ʼn rooi rok, of dans op die tafels: Dans en die Suid-Afrikaanse kultuur is sinoniem met mekaar. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor hoekom mense dans en wat die oudste dansvorm in Suid-Afrika is. Meer oor die podsending...more14minPlay
FAQs about #HoeNou?!:How many episodes does #HoeNou?! have?The podcast currently has 52 episodes available.