Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markt... more
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.
October 27, 2023Katbosbult – Episode 100“Sersant Maritz” is weer bedrywig. Die swart weduwee se slagoffers, as gevolg van haar skelmstreke, groei by die dag. En die bedrae geld wat betrokke is! Maar gedane sake het geen keer nie. Hoekom sou Jasper Rolbos toe ry, en in wie loop hy hom daar vas?...more12minPlay
October 26, 2023Katbosbult – Episode 99Gert weet hy is in tamatiestraat … ván die burgemeester tót Reggie moet oral vure doodslaan om sy bas te red. Katbosbult het nie die swart weduwee sien kom nie. Sy tref die dorp met ʼn slag. Dit is skok op skok … en volop skindernuus. Vir die eerste keer kan sosiale media nie voorbly nie....more11minPlay
October 25, 2023Katbosbult – Episode 98ʼn Vrou se naam is op elkeen se lippe; Katbosbult gons behoorlik oor haar. Die vrou het Reggie erg bekommerd. Hoekom? Sy roep dadelik hulp in. Skielik word dit ʼn baie lang dag. Die aand eindig met ʼn skok....more11minPlay
October 24, 2023Katbosbult – Episode 97Leonardo en Shirley spring op Richroux aanmekaar. Dit is ʼn bekgeveg soos min. Waaroor sou die hare so waai? Gert beleef ʼn skok wat hom mettertyd heeltemal onderstebo klap....more12minPlay
October 23, 2023Katbosbult – Episode 96Chrissie vertrek op ʼn geheime besoek. Die sersant besluit dit is tyd om om weer om hulp by “Sersant Maritz” aan te klop … sy help tog so graag. Waarmee is dit hierdie keer? Kyk wie trek in die gastekamer langs Shirley in....more12minPlay
October 20, 2023Katbosbult – Episode 95Reggie se romantiese ete vir twee verloop soos ʼn droom, beter as wat sy verwag het, maar moet die joernalis met die kort rokkie altyd so ongeleë wees?! Gert sorg vir blomme vir spesiale mense....more13minPlay
October 19, 2023Katbosbult – Episode 94Dit is tyd vir Jasper om ʼn paar mense vierkantig in die oë te kyk en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar. Reggie kry ʼn oproep wat haar onkant betrap. Dan besluit sy om ʼn romantiese aand vir twee te beplan....more12minPlay
October 18, 2023Katbosbult – Episode 93Die spoke van die kwade aand in die nagklub op Rolbos maak weer hulle verskyning. Monique word weer pure “sersant Maritz”. Sy loop sersant Johnson storm met ʼn paar wenke. Bedoel sy dit opreg, of is dit ʼn nuwe skelmstreek van haar?...more11minPlay
October 17, 2023Katbosbult – Episode 92Leonardo bly in die moeilikheid. Sy nuwe “vennoot” snel hom te hulp met nuttige inligting en blink planne om die dreigende situasie te help ontlont en reg te bestuur. Maar, waarheen het Jasper met die motorfiets verdwyn?...more11minPlay
October 16, 2023Katbosbult – Episode 91Dit is blouer as die blouste Maandag vir sersant Johnson, en dit gebeur net mooi wanneer die kaptein terug is by die werk. Dit is verstommend hoeveel in so ʼn kort tydjie kan skeefloop. Leonardo voel hy bly in die spervuur, en net toe hy dink dinge kan nie slegter nie, gaan dit slegter....more11minPlay
FAQs about Katbosbult:How many episodes does Katbosbult have?The podcast currently has 121 episodes available.