Kerkbode Kollig

Kerkbode Kollig

By Klank KompasReligion & Spirituality
Download on the App Store

Kerkbode Kollig episodes

  • Kollig episode 67 | Hoe help die Enneagram my as dominee?
    ’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante.

    Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel aan te bied. Sy en twee deelnemers van haar nuwe jaarlange kursus, Jimmy en Janine Manders van die Hervormde Kerk, vertel meer hieroor asook hoe hulle dit aanwend in hulle bediening as predikante.

    Gesprekspunte:

    Wat maak hierdie selfkennismodel anders?

    Hoe klink die Christelike invalshoek?

    Wat van die versoeking vir etikettering?

    Getuienisstories: Hiermee help die Enneagram my as predikant.

    Nuwe jaarlange kursus om ’n pad deur die Enneagram te stap. Enneagram Jaarkursus met Maartje van der Westhuizen
    30 min
  • Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?
    Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien?
    Vir hierdie episode van Kollig gesels ons met die sameroeper, ds Maartje van der Westhuizen, asook met dr Nioma Venter van die Algemene Sinodekantoor en die Nuwe-Testamentikus prof Marius Nel. Hy vertel onder meer waarom die saamkoms doelbewus rondom sewe sleutelmomente in Jesus se lewe ingerig word. PredikanteSAAMkoms 2026
    22 min
  • Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?
    ’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is.

    Hy is die skrywer van die boek, Wond: Plaasmoorde – dis my mense en een van Kollig se gaste in hierdie episode waarin gepraat word oor die kerk se sorg in die medium en langer termyn vir mense asook gemeenskappe wat erge trauma beleef het. Dit kan wees in die vorm van geweldsmisdaad of natuurrampe soos brande, vloede of droogte. Saam in hierdie gesprek is dr Nioma Venter wat vertel wat die Knysnabrande haar geleer het en traumanavorser, prof Mariette van der Merwe van Noordwes-Universiteit. Predikant se geloofskrisis ná die moord op sy skoonouers: ‘Daar is nie maklike antwoorde nie …’
    27 min
  • Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville
    Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die nuwe Respond SA.

    Vir meer beriggewing oor die nuwe leierskap wat verkies is, gassprekers, werkswinkels gehou en meer besoek kerkbode.co.za Oorsig in 90 sekondes: Kerknuushoogtepunte vanaf sinodesitting van NG Kerk Vrystaat
    22 min
  • Kollig episode 63 | Gesprek met Nioma Venter en ander oor die kerk se ramprespons
    Mense is dood, families is huisloos, plase en besighede het weggespoel, miljarde rande se skade is gely … so klink nuusopskrifte na swaar reën en vloede in Mei. Ons kyk in hierdie gesprek eenvoudig na wat die onlangse ekstreme weer vir gemeentes en spesifiek sleutelrolspelers geleer het in terme van ramprespons. Hieroor gesels ek met dr Marinda van Niekerk van die interkerklike ramphulpnetwerk Respond SA, ook met ds De la Harpe le Roux van Torings van Hoop in Bloemfontein en dan met die NG Kerk se algemene sekretaris, dr Nioma Venter, wat altyd sê kerke se bydraepunt is nie soseer die kombers wat jy uitdeel of die sopkombuis nie, maar veral drie goed: connect, convene en communicate. Dit als in hierdie episode van Kerkbode Kollig.

    Navrae: dr Marinda van Niekerk op [email protected], dr Nioma Venter by [email protected] en ds De la Harpe le Roux by [email protected].
    27 min
  • Kollig episode 62 | Waarom moes Jesus weggaan? - Gesprek met dr Coenie Burger oor Hemelvaart
    In Handelinge 1 lees ons Jesus het 40 dae na sy opstanding voor sy dissipels se oë in ’n wolk weggeraak. In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels Heléne Meissenheimer met die teoloog en skrywer dr Coenie Burger oor Hemelvaart.

    Burger is die skrywer van verskeie boeke oor Jesus se lewe, onder meer ‘Waar is Jesus nou?’. Ook ‘Ons wil Jesus sien’ saam met prof. Marius Nel. In hierdie gesprek gesels ons oor die betekenis van hierdie bekende Bybelse gebeurtenis net voor Pinkster op die kerkkalender. Skrywers begelei lesers kundig deur die kernbewegings in Jesus se lewe · Boek: Ons wil Jesus sien
    24 min
  • Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop
    ’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met die Pelgrimstog van Hoop deesdae van Jeffreysbaai tot in Kaap Agulhas stap.

    Op 30 April het hy die eerste pelgrim geword wat hierdie staptog (sowat 800 km) afgelê het. Heléne Meissenheimer het vir Kerkbode Kollig met hom gesels. Pelgrimstog van Hoop: Ds Nico Swart word eerste pelgrim wat van Jeffreysbaai tot Agulhas stap (800 km) · Pelgrimstog van Hoop
    26 min
  • Episode 60 | Hoekom moet ons steeds oor die Belhar-belydenis praat? - Gesprek met prof Allan Boesak
    Die Belydenis van Belhar se uitkringeffek is veel wyer as die woongebied op die Kaapse Vlakte waarna die dokument vernoem is. Veertig jaar later praat hierdie geloofsverklaring se sentrale tema van versoening in Christus steeds met die harte van kerkleiers regoor die wêreld.

    In hierdie episode van Kollig herbesoek Heléne Meissenheimer die ontstaansgeskiedenis en die teologie van die Belydenis van Belhar. Sy praat met Prof Allan Boesak, wat moderator was van die sinode wat dit in 1986 as volwaardige belydenisskrif van die destydse NG Sendingkerk (vandag Verenigende Gereformeerde Kerk) aanvaar het. ‘Hoe volg ons die Evangelie tot by die plekke waar daar onderdrukking en onreg is?’ · Belydenis van Belhar
    23 min
  • Episode 58 | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd
    In die kerk hoor ons baie oor wat dit beteken om oor jou geloof te getuig, maar wat van geloof op die pad? Met Paasnaweek om die draai, een van die besigste tye op ons paaie, fokus ons in hierdie Kollig-episode op wat agter die stuurwiel gebeur.

    Sielkundige Erich Schoeman verduidelik van die oorsake van padwoede en deel wenke vir hoe om stresvolle situasies op die pad anders te hanteer. Ons gesels ook met dr Nioma Venter oor Op weg met Jesus, ’n nuwe gebedsgids saamgestel deur die Algemene Taakspan Evangelisasie spesifiek met die oog op Paasfees. Sy verduidelik waar die idee vandaan gekom het en hoe dit gebruik kan word om gefokus te bid (vir meer klik op die webskakel). Gebedsgids vir Paasnaweek
    25 min

About Kerkbode Kollig

From the publisher's feed

Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.