Kerkbode Kollig

Kerkbode Kollig

By Klank KompasReligion & Spirituality
Download on the App Store

Kerkbode Kollig episodes

  • Episode 27 | ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie’ – Frits Gaum
    Dr Frits Gaum, die prominentste lid van die groep lidmate wat die NG Kerk in 2017 hof toe gevat het, praat met Kerkbode oor die kerk, die hof en die kanker wat by hom gediagnoseer is.

    Die 84-jarige afgetrede dominee, wat Kerkbode in sy termyn as redakteur tot nuwe sirkulasiehoogtes geneem het, het met Le Roux Schoeman gepraat en ons speel ’n uittreksel uit hulle gesprek as hierdie week se aflewering van Kollig.
    Lekker luister.
    20 min
  • Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs
    Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het.

    Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element in sy fiksiedebuut, vertel die NG dominee wat reeds verskeie geestelike boeke agter sy naam het. Dit is ook ’n eerlike boek van ’n ou se worsteling wat deur ’n baie moeilike tyd gaan. So vertel hierdie skrywer wat glo stories help ons om goed raak te sien en dat die Christelike lektuur kan doen met meer honesty soos wat ’n mens kry in die Bybel. Meer “nagstukkies” saam met al die dagstukkies.
    27 min
  • Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek
    Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se boekereeks is een manier om die wonderlike bronne in hulle besit ontsluit sodat mense dit kan gebruik en dat dit in leketaal verstaanbaar is vir die gewone mens. Maar, geskrewe bronne is natuurlik nie al bron van kennis binne die kerk nie. Mondelinge geskiedenis is ook ’n baie belangrike deel van geskiedskrywing en dit beland nie altyd in die kerkargief nie. Daarom is projekte begin soos Learn from Leavers saam met Kerkbode asook kuierdae om ou foto’s uit die sendingveld om die kennis en stories te probeer verkry wat in mense se kop leef. NG Kerkargief
    11 min
  • Episode 24 | Oor roeping, seerkry en genade | DJ en Nadia Muller
    Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is.

    DJ werk ook as inhoudskepper by Kaapkerk en neem troufoto’s en video’s terwyl Nadia ook netbal afrig. Hulle is ook die ouers van twee pragtige dogtertjies.

    Die twee besige mense vertel hulle storie. Van waar hulle ontmoet het as teologiese studente op die Universiteit van Pretoria se kampus. Getrou het en saam by hulle eerste gemeente op die Noord-Kaapse platteland begin bedien het. Hier was DJ die gemeenteleraar wat sy vrou as leraar bevestig het.

    In die tien jaar sedert toe en nou lê ’n hele stuk leef. Onder meer ’n worsteling met presies wat roeping vir hulle elkeen beteken en ’n dankbare hart vir genade.
    23 min
  • Episode 23 | ‘Die Bybel troos my’ | Blinde veeltalige afgetrede prokureur (76) vertel sy storie
    André Steyn van Worcester is blind gebore. Na hy sy regsgraad by Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy eers as advokaat en daarna vir baie jare as prokureur gepraktiseer.
    Hy vertel die Bybel was vir hom altyd ’n troos. Op 76 hou hierdie inwoner van die organisasie Innovation for the Blind homself deesdae veral besig met Bybelstudie.
    Sy een groot gemis al die jare was ’n Afrikaanse Bybel in brailleformaat met kantnota’s. Hy vertel dat hy van jongs af self wou lees wat in die Bybel staan (hy besit ’n Franse, Latynse en verskeie Afrikaanse vertalings van die Bybel). Daarom is hy so bly oor die 2020 Afrikaanse vertaling wat vir die eerste keer in brailleformaat ’n Afrikaanse Bybel bied met voetnota’s.
    Die volledige stel van die 2020 Afrikaanse Bybel in brailleformaat bestaan uit 67 volumes van 8 082 bladsye. Dié Bybel is gedruk deur Pionierdrukkery en deur die NG Kerk se Wes-Kaapse Moderamen en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gefinansier. Bybelgenootskap van Suid-Afrika
    13 min
  • Episode 22 | Ma van twee vertel hoekom sy uithouwedlope doen vir goeie doel
    Sanja Steyn van Darling het Race4Grace begin omdat sy lief is vir hardloop en ’n hart het vir die kwesbare weeskinders van Zimbabwe. Die land waar haar ouers sendelinge was en sy grootgeword het. Na haar pa, ds Henry Murray, se dood in 2014, het sy besluit sy gaan met uithouwedlope fondse insamel vir die fonds wat haar ouers begin het om kinders wat swaarkry te help.
    Verlede jaar het sy met SkyRun 100, ’n deurnaghardloop van 100 km in die Drakensberge, R150 000 kon insamel vir die Henry Murray Gedenkfonds (kliek om meer oor hierdie fonds te lees op Getuienisaksie se webblad). Die fondse het dit vir 18 weeskinders moontlik gemaak om vanjaar te kon skoolgaan.
    Einde vanjaar maak sy weer so. Dié keer in Zimbabwe.
    15 min
  • Episode 21 | ‘As angs in jou lyf is’ – oor ’n projek gemik op klein kinders met groot emosies
    Adrie Jurgensen het dadelik aan hulle Engelse bulhond, Max gedink toe sy hoor dat haar werkplek ‘n nuwe projek soek. Dié projek moes jong kinders wat sukkel met boeliegedrag, angstigheid en trauma, help. Sy werk vir die organisasie 1000 Women Trust. Hulle fokus is op geslagsgebaseerde geweld.
    Hierdie ma van twee vertel hoe Max die inspirasie geword het vir die Max & Me: Paws and Peace Corners-projek wat op Mandeladag (18 Julie) van stapel gestuur is. Dit is in samewerking met nog twee organisasies, Badisa en Little Seeds VKO-eenheid, geloods.
    Lees ook meer oor die projek in Vrydagnuus, 12 Julie 2024.
    14 min
  • Episode 19: Oor balans vind met kinders se skermtyd en ‘n nuwe storiekanaal
    Kenners waarsku al meer dat skermtyd bestuur moet word met jong kinders. Dog mens kan vra of in ons skermgedrewe samelewing ’n mate van skermblootstelling nie onvermydelik geword het nie en in sulke gevalle, wat kan kinders kyk?
    Met juis hierdie vrae ingedagte het Maryke Hansen, ’n jong ma van twee begin droom oor ’n kanaal ‘met inhoud in Afrikaans met sterk Bybelse waardes waarna kinders, wanneer hulle dan nou wel skermtyd inkry, kan kyk’. Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.
    Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse YouTube-kanaal, Ligland – Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.

    Kliek hier om na die Ligland-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/@ligland
    12 min
  • Episode 18: Dr Coenie Burger vertel meer oor sy eie geloofstorie en van sy nuwe boek
    Hy het min pak gekry, maar dit was die keer wat sy pa hom nie pak gegee het nie wat hom
    met ander oё na sy pa laat kyk het. Dat hy sy pa as mens begin raaksien het. Iets
    soortgelyk het oor jare met hom gebeur in sy verhouding met God en hoe hy oor God voel.
    ’n Ontdekking dat God hom liefhet en omgee en na hom wil luister. “Dit maak dat ek glo
    vandag,” vertel dr Coenie Burger wie se nuutste boek Verbind aan Christus: Om in
    vereniging met Christus te leef, pas verskyn het.
    Hy begin ons gesprek met ’n aanhaling uit sy boek deur die gereformeerde teoloog
    Johannes Calvyn: “For my own part, I am overwhelmed by the depth of this mystery, and
    am not ashamed to join Paul in acknowledging at once my ignorance and my admiration
    … whatever is supernatural is clearly beyond our own comprehension. Let us therefore
    labour more to feel Christ living in us, than to discover the nature of that intercourse.”
    25 min

About Kerkbode Kollig

From the publisher's feed

Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.