Kerkbode Kollig

Kerkbode Kollig

By Klank KompasReligion & Spirituality
Download on the App Store

Kerkbode Kollig episodes

  • Episode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’
    Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier.

    So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste Christelike geloofsbelydenisskrifte, kan die hedendaagse kerk help. Hy sê daar is geen ander belydenis wat so ekumenies is soos hierdie een wat verklaar Jesus is die “eniggebore Seun van God … God uit God, Lig uit Lig” nie. “Dit is die een belydenis wat ons almal saam bely,” vertel hy oor hierdie belangrike kerklike geskrif wat vanjaar presies 1700 jaar terug opgestel en aanvaar is.
    15 min
  • Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout
    Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder.

    Toe verloop dinge anders …

    Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal moet maniere vind vir ’n volhoubare inkomste. Vandag is sy onder meer ’n deeltydse Lutherse pastor, retraiteleier en hou ’n suksesvolle aanlynbediening aan die gang wat maandeliks tot 40 000 mense bereik.

    In kort, haar program is net so besig as wat dit in Johannesburg was. Dit het haar laat besef dit is nie die plek waar ons bly wat ons lewe besig maak nie, dit het te doen met ons menswees. “Ons is verslaaf aan besig wees,” sê sy in ons Kollig-gesprek vir Januarie. Aan die hand van haar boek, Woestynwysheid: Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense praat ons oor die moderne mens se behoefte aan stilte, afsondering en eenvoud.

    Die boek is onlangs herdruk deur CLF.

    Geniet jy om na Kollig te luister? Jy kan hierdie projek se volhoubaarheid ondersteun deur 'n Vriend van Kerkbode te word. Vir hoe, klik net op die webskakel. Vriende van Kerkbode · CLF se aanlynboekwinkel
    26 min
  • Episode 35 | 'Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ - Dr Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog
    Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke
    gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit.
    Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van Getuienisaksie.
    Hy vertel hierdie inisiatief met die doel om sosiale kohesie, soos hy dit verwoord
    “menskapitaal”, te bou het hom en sy span in die laaste sowat ses jaar geneem na meer as 70, selfs dalk soveel as 80 dorpe en gemeenskappe. Van Stellenbosch tot Atlantis. Van Graaff-Reinet tot Van Wyksvlei en selfs sover as die myngemeenskap van Witbank (eMalahleni deesdae) op die Hoëveld van Mpumalanga.
    Daar was ook al drie streeksdialoë in samewerking met die Duitse Konrad-Adenauer-Stiftung.
    Dié projek het vir hom gewys watter mooi stories kan begin ontvou wanneer mense van ’n gemeenskap, wat nie met mekaar praat nie, vir een dag of aand ’n kamer deel en begin praat oor uitdagings wat almal raak en hoe hulle dit saam kan aanpak. 100 Dorpe Dialoog bring gemeenskap byeen in Beaufort-Wes
    26 min
  • Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids
    Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie.

    “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die eerste keer oor sy moeilike grootwordjare saam met sy dowe arm ouma oopmaak in sy biografiese boek, Boytjie. Dié naam het hy gehaat skryf hy in sy boek, maar soos hy sing in sy nuwe Gospellied, Nuwe naam, hy leef met ’n nuwe naam sedert daardie middag wat hy glo die Heilige Gees hom aangepor het om weg te hardloop van hierdie hartseer lewe en hy gekies het om te luister.

    Lees meer: https://lig.co.za/uittreksel-moekie-jy-het-my-weggegooi-maar-ek-vergewe-jou/?fbclid=IwY2xjawG6jN1leHRuA2FlbQIxMQABHU_J1EOZfQ59A2DzrabCxrIL8KTkOWiJOwRisWULtgNCuFLr2O56MER_2w_aem_ZgHUEOcY8a-NpMvVE1Clng
    14 min
  • Episode 33 – ‘Dit gaan dieper as wat jy van buite sien …’ – maatskaplike werker vertel oor werk met haweloses
    Dit is die verskil wat sy in hulle oë sien. Die hartseer, selfs leë, oë wat lewe kry. Dit is wat maak dat sy bly. So vertel Ntateng Poni, ’n maatskaplike werker by ’n ‘safe space’ van MES. Hier werk sy saam met ’n span kundiges wat hawelose mense wil help om weer hulle menswaardigheid te vind.

    Sy vertel hoe nou probleme met geestesgesondheid loop met hierdie dikwels tydsame helingsproses. Die werk, wat sy saam met ’n span kundiges aanpak, stel groot uitdagings, maar, sê sy, as hulle dit nie doen nie, wie sal?

    Kollig se podsending met Poni volg op ons vorige gesprek met Elise Felton, ’n inwoner en deelnemer van MES se 4-stapprogram. Luister gerus daarna.

    LAAS WEEK SE EPISODE:
    https://iono.fm/e/1489150
    13 min
  • Episode 32 | ‘Ek het amper doodgegaan …' – vrou wat sewe jaar op straat geleef het, vertel
    “Die mens wat ek nou in die spieël sien, is nie dieselfde mens voor ek dwelms begin gebruik het nie … maar ek glo dit is God wat my geplaas het waar ek nou is,” vertel Elize Felton (47) wat tot so onlangs as ’n paar maande terug nog gebly het in ’n hokkie onder ’n brug in Bellville in die Kaap. Haar blyplek vir sewe jaar na slegte goed in haar lewe gebeur het en haar huwelik uitmekaar geval het. Dit het gevat dat sy amper doodgegaan het voor sy hulp gaan soek het en so uitgekom het by MES se Safe Space in Durbanville, ’n plek wat mense soos sy help om hulle menswaardigheid terug te vind.

    10 Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsdag én Wêreldhaweloosheidsdag. Daarom is hierdie die eerste van twee onderhoude wat Kollig dié maand by MES gedoen het. Luister gerus ook volgende week na die opvolggesprek met ’n maatskaplike werker wat meer vertel oor die sielkundige skade wat mense opdoen wat jare lank op straat lewe. Meer oor die krisis rondom haweloosheid en hoe MES en ander wil help
    16 min
  • Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel
    Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word. Sy vertel meer oor hierdie geloofsreis wat sy nooit sien kom het nie. ‘Ek was ’n agterbanker in die kerk …’ Oud-polisievrou wat nou op die kansel staan vertel haar storie
    12 min
  • Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’
    Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik wil lees. So vertel die bekende predikant en skrywer, Barend Vos. Vir hom sê hy is die Bybel ’n lig op sy pad. ’n Genadeboek. Hy het pas klaar gemaak as dagstukskrywer vir agt uitgawes van Afrikaans se oudste Bybelleesgids, Uit die Beek.
    21 min
  • Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig
    "Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. 
    Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. 

    Só klink van die temas: 

    INKLAAR – My ma was banger as ek 

    ’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade 

    PT – Julle wil mos nie saamwerk nie 

    LANDMYN – Die duiwel se niggie 

    HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis 

    SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings 

    STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae

    Bronne verskil oor hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg:

    Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit. 

    "Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."
    1 hr 4 min
  • Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’
    So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en ondersteun ons hier: https://kerkbode.christians.co.za/article/werwingsprojek-ons-benodig-sowat-r25-000/
    9 min

About Kerkbode Kollig

From the publisher's feed

Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.