Gert-Johan Coetzee is een van SA se mees populêre en suksesvolste modeontwerpers. Van sy beroemde kliente sluit die wêreldbekende Kardashian familie in. Webwerf
Ek is Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel. Senbel is ʼn besigheid wat vier jaar gelede begin is nadat ek, my man en kinders ons in Orania kom vestig het. Senbel is daarop gefokus om telefoniese diens in Afrikaans te lewer. Webwerf
Marlene Oosthuizen is die stigter en prinsipaal van die privaat mode kollege, NorthWest School of Design, waar hulle van SA se top modeontwerpers produseer. Webwerf
Mias van Vuuren is die eienaar van Soapbox Promotions & Gifts. Hulle verskaf korporatiewe klere en geskenke en is een van die grootste verskaffers in Suid-Afrika. Webwerf
Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…
en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.