Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 17 April 2026
    Watter rol speel musiek in die lewe van jongmense? Barrie Ferreira praat met ‘n jong kunstenaar, Shakira Peach, om te hoor watter rol dit in haar lewe speel.
    24 min
  • Kompas 16 Maart 2026
    Hazel Janse van Rensburg gesels met twee bestuurslede van die Berg- en Toerklub Stellenbosch, ’n groep wat al jare lank jongmense saambring om die natuur te verken. Ons vind uit wie en wat hulle is, en van hulle gunsteling avonture en lesse om jongmense te inspireer om meer tyd in die natuur deur te bring.
    21 min
  • Kompas 15 April 2026
    Ons gesels met Wikus Olivier, ‘n geregistreerde skuldberader, oor alles wat finansies betref – van spaar en ‘n begroting tot ‘n gesonde kredietprofiel. Hy praat ook oor lewensversekering vir jong volwassenes, en die verskil tussen goeie en slegte skuld.
    22 min
  • Kompas 14 April 2026
    Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, ‘n sielkundige, help jongmense om te verstaan hoe hulle denke en die dinge wat hulle vir hulleself sê, uiteindelik hulle realiteit vorm.
    23 min
  • Kompas 13 April 2026
    Hoe goed ken jy jouself? Watter impak het dit op jou toekomstige loopbaan? Barrie Ferreira vind uit hoekom selfkennis belangrik is in hoe jy loopbaankeuses maak.
    25 min
  • Kompas 10 April 2026
    Is dit waar dat vrees altyd negatief moet wees? Barrie Ferreira vind uit hoe ons vrees reg moet benader.
    23 min
  • Kompas 9 April 2026
    Alhoewel dobbel onwettig vir minderjariges is, sien ons dat al hoe meer tieners daarmee in aanraking kom, selfs met die speel van speletjies wat onskuldig lyk. Hoe begin dit, en wanneer raak dit ’n probleem? Om ons te help om hierdie komplekse onderwerp beter te verstaan, gesels Hazel Janse van Rensburg met sielkundige Nadia Liebenberg.
    20 min
  • Kompas 8 April 2026
    Kennis is beperk. Verbeelding omring die wêreld. Ons gesels met Meggan-Lee Johnstone, medestigter van Talente vir ‘n Toekoms. Sy vertel hoekom dit belangrik is om ‘n kunstekultuur te kweek, veral in kleiner dorpe.
    22 min
  • Kompas 7 April 2026
    Die 16-jarige Joban Botha komponeer orkesmusiek in sy vrye tyd. Hierdie stokperdjie het hom met ‘n tweede plek in ‘n internasionale kompetisie laat wegstap. Hy vertel hoe die proses werk, en waar dit alles begin het.
    20 min
  • Kompas 6 April 2026
    ‘n Groep studente het van Nairobi af gery na Stellenbosch op ‘n elektriese motorfiets, wat in Suid-Afrika vervaardig is. Barrie Ferreira het met hulle gepraat.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.